Wildtuin-botsingstatistiek daal danksy Bridgestone-opleiding

Johannesburg (8 Julie 2013)

Omvattende bande- en voertuig-veiligheidsopleiding het die voorkoms van arbeidsongeskiktheidsbeserings weens voertuigbotsings waarby werknemers van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad (SANParke) se afdeling vir sosiale biodiversiteitsprojekte (BSP) betrokke is, aansienlik verminder. Sulke beserings het volgens Bridgestone se opleidingsbestuurder, Mickey Von Maltitz, aansienlik teenoor dié in 2011 verminder.

“SANParke het Bridgestone in 2011 om hulp genader om hul voertuigrisiko te help bestuur nadat bandeprobleme as ’n groot bydraende faktor in verkeersbotsings waarby BSP-personeel betrokke was, identifiseer is,” het sy verduidelik. “In een geval is 12 mense in een enkele botsing beseer,” het sy bygevoeg.

Bridgestone het hierop reageer deur ’n span bandeveiligheidspesialiste na die Kruger-wildtuin te stuur om dié gevallevoorkoms te bestudeer, en BSP-personeel oor bande en padwaardigheidsbewustheid op te lei. Die opleiding is aan so veel as moontlik lede van elke BSP-span verskaf – nie net kontrakteurs en voertuigbestuurders nie. Die oogmerk was om seker te maak dat enigeen wat in ’n voertuig gery het, onveilige bande sou kon identifiseer en die regte herstellende stappe voor te stel.

Die opleiding, wat in Januarie 2012 afgeskop het, het spoedig tot ’n afname van meer as 50% in onpadwaardige bande gelei, met ’n daaropvolgende afname in padongelukke. “Die uitslag van die projek was só positief dat SANParke besluit het om die opleidingsprogram in 2013 voort te sit,” het Von Maltitz verduidelik. “SANParke se grensafdeling was die tweede eenheid wat vanjaar munt daaruit geslaan het, en Bridgestone se bandespesialiste het in Mei na die Kruger-wildtuin teruggekeer om opvolgopleiding te doen,” het sy gesê.

Die gevolg is dat SANParke die afgelope twee jaar die laagste voorkoms van arbeidsongeskiktheidsbeserings onder BSP-personeel gehad het en ook ’n afname in die aantal verkeersbotsings sowel as die ernstigheid daarvan ervaar het. Die wye aanvaarding van die projek deur BSP-personeel was ’n deurslaggewende faktor in die verhoogde veiligheidstandaard. “Projekte soos hierdie is afhanklik van die aanvaarding deur die personeel ten einde suksesvol te wees en ons is baie tevrede oor die uiters positiewe reaksie op die projek,” het sy gesê.

“Die BSP-personeel was van die heel eerste dag af gretig om te leer en die uitslae van die projek bewys dat hulle die opleidingsinhoud ter harte geneem het,” het sy bygevoeg.
“SANParke het besluit om die program in die toekoms te laat voortduur, en ons is vol vertroue dat dit danksy die beter kennis oor bande en voertuie tot nog minder botsings en beserings onder hul personeel sal lei,” het sy afgesluit.

Besoek ook die volgende skakels in Engels:

Vehicle Maintenance, Repair and Road Safety

Tyres and Road Safety

Brakes, Braking and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on Wildtuin-botsingstatistiek daal danksy Bridgestone-opleiding