Wat is die belangrikste om te weet wannneer ek my fiets wil verseker?

Met die “Tour de France” tans in volle gang sit baie van ons vasgenael vooor die tv. Ons word meegevoer deur die natuurskoon van Frankryk en die vaardighede van die beste fietsryers – miksien is dit ook nou ‘n gepaste tyd om te let op wat belangrik is by die versekering van fietse!

Baie van die beste fietse kos meer as ‘n klein motor en dit is dus uiters belangrik dat ons nie nalaat om hierdie fietse behoorlik te verseker nie! Die fietsryer het versekering nodig teen skade tydens oefening, kompetisie, en ook wanneer hy sy fiets vervoer. Dan is daar ook nog die risko van diefstal en kapings ook!

Wat is die grootste gevare?

  • Verlies en beskadiging weens ‘n ongeluk
  • Fiets-kaping
  • Diefstal
  • Vuur en brandskade
  • Persoonlike ongeluk en aanspreeklikheid

 

Beskerm beide die fiets en die fietsryer

Op die Arrive Alive webwerf het ons heelwat inligting verskaf rakende veiligheid vir fietsryers. Dit is nou maar so dat baie ander padgebruikers nie behoorlik ag slaan op ons fietsryers nie en dat ons voortdurend moet strewe na groter bewusmaking oor veiligheid.

Verskillende fietse en fietsry kodes mag verskillende versekeringsbehoeftes meebring

Dit is uiters belangrik dat ons bepaalde vrae rig ten einde vas te stel wat die werklike behoefte mag wees by die versekering van ‘n fiets. Hierdie vrae sal insluit:

  • Ry jy bloot sosiaal of neem jy deel aan kompetisies?
  • Het jy ‘n gewone fiets of ‘n sogenaamde koolstofvesel “wunderbike”?
  • Het jy bloot dekking nodig vir die diefstal van die fiets uit jou motorhuis of is daar die risiko dat jou fiets afgeskryf kan word deur ‘n val van ‘n krans af tydens ‘n bergwedren?
  • Beplan jy om jou fiets saam met jou te neem na die buiteland?

 

Advies en voorstelle vir effektiewe versekering van fietse

Benader die versekering van jou fiets met die nodige erns wat dit verdien. Ons beveel graag die volgende aan:

  • Gaan jou versekeringskontrak in die fynste detail na.
  • Ondersoek of dit moontlik is om die versekering van huisinhoud op te gradeer om voorsiening te maak vir die versekering van fietse.
  • Dit mag nodig wees om die waarde van jou polis op te gradeer ten einde voorsiening te maak vir voldoende dekking en om die fietse behoorlik te spesifiseer.
  • Vra en maak seker onder welke omstandigheide versekering uitgesluit mag wees.
  • Plaas klem en gee in besonder aandag op reisversekering en of jou fiets behoorlik verseker sal wees tydens reis.
  • Indien wel maak seker dat die dekking voldoende is en dat daar nie uitsluitings is waarvan jy dalk nie bewus is nie.
  • Gee noukeurig aandag aan die beleid van lugrederye ten opsigte van verlore en beskadigde bagasie. Let op bedrae wat as limiet gestel mag word of vereistes ten opsigte van verpakking.
  • Vind uit of jou versekering aan jou dekking sal verleen as jou fiets in die buiteland beskadig word of verlore gaan.

Is daar bepalings om op te let wanneer jy aan ‘n byeenkoms deelneem?

Byeenkomste of wedrenne sal dikwels bepalings bevat en vrywarings om op te let wanneer jy deelneem. Ingesluit by jou wedren aansluitingsfooi is gewoonlik ook ‘n bedrag om beskerming te verleen teen publieke aanspeeklikheidseise. Wees versigtig rakende die vrywaringsvorm wat jy mag onderteken.

Gevolgtrekking

Die beste advies is om jou huiswerk behoorlik te doen en genoeg inligting in te win. Vra vir ander fietsryers hoe hul verseker is, watter versekeringsdekking hul geniet en waarom hul daardie dekking verkies. Hulle mag in staat wees om jou te waarsku oor meer as net die slaggate in die pad!!

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat is die belangrikste om te weet wannneer ek my fiets wil verseker?