Vader van Prius word Voorsitter van Toyota

Die Toyota-Motorkorporasie (TMK) se gerespekteerde Takeshi Uchiyamada, die dryfkrag agter die wêreld se topverkoper-hibriedmotor, die Toyota Prius, is vandag as die maatskappy se nuwe voorsitter aangewys. Mnr. Uchiyamada vervang Fujio Cho, ’n voormalige president van die maatskappy en voorsitter sedert 2006, wat nou as ere-voorsitter aangewys is.
Die veranderings is vandag by ’n aandeelhouervergadering in Japan bekragtig nadat dit in Maart deur die TMK-President, Mnr. Akio Toyoda, aangekondig is. Mnr. Toyoda het gesê Mnr. Uchiyamada is die “vader van die Prius”, die wêreld se eerste massa-vervaardigde hibriedvoertuig.

Hy het Mnr. Uchiyamada beskryf as “’n ingenieur wat die pad na die toekoms van motorvoertuie deur gevorderde hibriedtegnologie geopen het”.
“Sy verantwoordelikhede as visevoorsitter het op tegnologie gefokus,” het Mnr. Toyoda gesê.

“Hy sal die algehele Toyota-bestuur as voorsitter met ’n ingenieursagtergrond in die soeke na antwoorde op die volgende twee vrae lei: i) Wat is dit wat Toyota moet doen om ’n bydrae tot die globale gemeenskap te lewer? En ii) Wat is dit wat Toyota moet doen om nuwe tegnologie te skep wat ’n bydrae tot die wêreldgemeenskap kan lewer?
Sy aktiwiteite sal – in pas met sy aanstelling as visevoorsitter van die Japannese Sakegenootskap, wat ook as Keidanren bekend staan – ’n breër veld dek.”

Mnr. Toyoda het ook hulde gebring aan Mnr. Cho, wat van 2009 as president en van 2005 as vise-voorsitter diens gedoen het, gebring en gesê hy het waardevolle raad wat op sy uitgebreide ervaring en diepliggende passie vir Toyota gegrond is, gebied.
“Hy is gewis iemand wat die DNS van ’n maatskappy wat tot monozukuri (verantwoordelike vervaardiging)  verbind was, aan die Toyota van vandag oorgedra het,” het Mnr. Toyoda gesê.

Posted on by jonckie

Comments Off on Vader van Prius word Voorsitter van Toyota