Topverkoper Etios vier eerste jaar met opkikkering vir 2013

 

  • Top-3-topverkoper onder passasiersmotors
  • Visuele verbeterings vir 2013 fokus op gehalte
  • Bykomende toerusting vir Xs-weergawe
  • Nuwe pakket vir geraas en vibrasies

Die Toyota Etios, waarvan 24 523 eenhede sedert sy bekendstelling in Mei 2012 verkoop is, is nou behoorlik as topverkoper in die Suid-Afrikaanse mark gevestig, en Toyota het vir 2013 ’n magdom opkikkerings aangekondig om hierdie mylpaal te vier.

Die ‘fyndruk’ behels detail-verbeterings, waarvan die meeste die 2013-Etios van ’n beter gehaltegevoel voorsien. Die voorkant het ’n nuwe sierrooster-ontwerp, wat in die geval van die Xi-modelle soos voorheen swart bly, terwyl dié van die Xs-modelle chroomafwerking kry.

Ander sigbare verbeterings sluit in rompgekleurde hulsels vir die deurspieëls en handvatsels vir die hele reeks (net die bestaande Xi-modelle het swart kleurkodering) sowel as ’n nuwe kantspieëls. Hierdie eienskappe is nie net esteties meer vleiend nie, maar die nuwe ontwerp verhoog ook die motor se aerodinamiese verrigting – lugstabiliserende vinne aan die onderkant van die buite-truspieël se hulsel lewer veral ’n bydrae tot hanteringstabiliteit en minder windgeraas.

Die agterkant is ook aan die hand van ’n nuwe stertligontwerp vir die luikrug- sowel as die sedan-weergawe verfris.

Wanneer ’n mens die deure van die vlagskip-Xs-model in luikrug- of sedan-formaat open, is die omvattende verbeterings in die sitplekafdeling dadelik opvalled. Die hoogte van die bestuurdersitplekkannou verstel, terwyl die voorsitplekke ook bykomende kussings en hope dysteun het, en die kopstuttekanverstel. (Die X1-modelle behou die eenstuksitplekke met ingeboude kopstutte.)

Nog ’n fatsoenlike eienskap wat nou by die lys standaard-toerusting vir die Xs-weergawes ingesluit is, is die elektries beheerde venster van die bestuurder wat met die enkele aanraking van die skakelaar heeltemal toemaak.

In die agterste deel van die binneruim word ’n mens deur nog nuutgevonde weelde verras – ’n hervormde sitplek-ontwerp. Daarbenewens kry die agtersitplekke groter vaste kopstutte. Ander eienskappe wat die weeldegevoel in die Xi- sowel as die Xs-modelle verhoog, sluit die ysblou-agtergrondbeligting vir die middelste instrumentehuls in. ’n Splinternuwe 2-DIN-Toyota-klankstelsel is nou ook deel van die Xs-modelle se standaard-toerusting. Iets waarvan kopers gerus kenniskanneem, is die feit dat die Xi-weergawes nou fabrieksgemonteerde bedrading vir deurluidsprekers sowel as luidsprekers in die voorpaneel kry. ’n Lugdraad word in al die modelle in die reeks aangetref.

Die lugvloei-kontroles vir die Xs-weergawes is deur nuwe knoppe vervang wat solied lyk en in chroom afgewerk is, en vir ’n aangename aanrakingsgevoel sorg. Dieselfde geld die ratkierieknop, wat meer in pas met die motor se karakter is.

Dieselfde viersilinder-kragbron van 1,5 liter wat aan ’n 5-gang-handratkas gekoppel is, word onder die enjinkap aangetref. Dié enjin lewer 66 kW teen 5 600 r/min en ontwikikel 132 Nm se wringkrag teen 3 000 r/min, wat die Etios die beste versneltyd in sy klas – minder as 11 sek van 0 tot 100 km/h – gee. Sy brandstofekonomie in die gekombineerde siklus is op 5,9 ℓ / 100 km vir die sedan en 6 ℓ / 100 km vir die luikrug vasgestel.

’n Verlaging van geraas wat die kajuit binnedring, het spesiale aandag gekry en die Etios pronk nou met ’n verbeterde  pakket wat geraas en vibrasies (NVH) bekamp. Dit behels ’n oorskakeling van rubber-enjinmonteerbusse na meer verfynde hidrouliese monterings wat klank absorbeer. Die knaldemper is ook vir beter NHV-eienskappe aangepas, terwyl die skokbrekerverstellings verfyn is om vering-geraas te filtreer en die ritgehalte te verbeter. Die gevolg is dat die nuwe Etios-reeks baie stiller as voorheen is.

Soos Glenn Crompton, Visepresident van Bemarking, dit stel: “Toyota se verbintenis tot volmaakte ingenieursontwikkeling en kaizen, of volgehoue verbetering, word regdeur die Etios aangetref.

“Dié motorkannie met sy 1,5ℓ-enjin, ruim spesifikasie en veiligheidstoerusting en bekostigbare prys wat die beste in sy klas is, sowel as al die nuwighede danksy die 2013-hersiening, as volkome alledaagse ryding geklop word nie.”

Prys (diensplan vir twee jaar ingesluit)

 

Etios 1.5 Xi-luikrug                 R118 800

Etios 1.5 Xs-luikrug                R126 800

Etios 1.5 Xi-sedan                  R125 100

Etios 1.5 Xs-sedan                 R132 600

Posted on by jonckie

Comments Off on Topverkoper Etios vier eerste jaar met opkikkering vir 2013