Nuwe Yaris -reeks sag op die oog, jou sak en die planeet

 

  • Yaris-reeks verfris
  • Drie modelle met petrol-enjins / HSD mees ekonomiese in sy klas
  • Beste prys in sy klas

Die Toyota Yaris-reeks is pas vir die 2013-modeljaar verfyn om op die gewildste modelle te fokus en die mededingendheid van dié weergawes te verhoog.

Die hersiene Yaris-reeks, wat nou eksklusief in 5-deur-formaat beskikbaar is, pronk steeds met sy planeetvriendelike 1,0ℓ- en 1,3ℓ-petrolenjins van 51 en 73 kW onderskeidelik. Die nuwe, eenvoudiger modelbenamings – “1.0”, “1.3” en “1.3 CVT” – verteenwoordig die drie modelle in die nuwe reeks met hul nuwe voorkoms. Die vlagskip-petrolhibried-weergawe met ’n 1,5ℓ-enjin bly soos hy is en sal die “XS HSD” en “XR HSD” onderskeidelik genoem word (algehele stelselverrigting van 74 kW, met ’n baie lae brandstofverbruik van net 3,8ℓ/100 km).

Glenn Crompton, Vise-President van Bemarking, sê die belangrikheid van die aangepasde Yaris-reeks moet nie onderskat word nie: “Supermini’s verteenwoordig nagenoeg ’n kwart van al die nuwe motors wat in Suid-Afrika verkoop word. Meer as 20 modelle uit Europa, Japan en Korea ding almal om ’n aandeel in die mark mee.

“Die 2013-Yaris se taak is om die Toyota-vlag in hierde uiters mededingende B-segment te wapper, en die afgeskaalde reeks en nuwe pryse voldoen nou selfs nog meer aan kopers se immer groter vereistes vir kleiner motors wat bekostigbaar is om te ry en waarmee hulle maklik kan saamleef, dog steeds stylvol, veilig, gemaklik en prettig is.

“Ons is vol vertroue dat die Yaris nou nog meer aanhangers gaan kry – die Toyota Yaris van die Castrol-Toyota-renspan is immers die splinternuwe Suid-Afrikaanse Tydren-kampioenskapsaanspraakmaker wat die aflosstokkie by die uittredende Auris oorneem.”

Die nuwe drietal Yaris-petrolmodelle, ’n vooraanstaande voorbeeld van waarde wat in elke spesifikasievlak ingespuit is, voldoen aan die vorige reeks se XS-toerustingvlak, maar teen ’n laer prys. Die skuif pas in by Toyota se aggresiewe bemarkingstrategie, waar voertuie soos die Innova, 86, Auris en nuwe RAV4 die beste waarde vir geld in hul onderskeie segmente verteenwoordig.

Soos Crompton dit stel: “Dit is enige bemarker se droom om ’n meer bekostigbare prys aan ’n vooraanstaande supermini soos die Yaris te koppel. Die Yaris is ’n onweerstaanbare pakket vir dié wat na doodgewone, goeie waarde vir geld op soek is.”

Yaris 1.0 5-deur          :           R141 000

Yaris 1.3 5-deur          :           R169 900

Yaris 1.3 CVT 5-deur  :           R181 000

Die Yaris 1.0, wat ontwerp is om in die smaak van koste-sensitiewe kopers te val wat nie styl wil prysgee net omdat hulle ’n motor teen ’n billiker prys koop nie, pronk in standaard-vorm met 15”-allooisierwiele, heeltemal kleurgepaste buitekant, lugversorging, afstand beheerde sentrale sluiting, vertoonskerm vir alle inligting, elektries beheerde buite-truspieëls en

-vensters voor, en ’n klankstelsel met ’n hulpsok en stuurwielskakelaars. Wat veiligheid betref, is al die Yaris-modelle toegerus met ABS, EBD, BAS (noodremhulp) sowel as lugsakke vir die bestuurder, voorste passasier en aan die kante.

Die 1.3-modelle is ewe omvattend toegerus, terwyl die 1.3 CVT-model ook ’n leerbedekte stuurwiel en ratkierie by sy standaard-toerusting kry.

Die twee hibriedmodelle het die volgende bykomende toerusting om by hul vlagskipstatus te pas:

  • Voertuigstabiliteitsbeheer (VSC) met wegtrekhulp
  • Knie-lugsak vir die bestuurder en gordynlugsakke (XR)
  • Voorkant-lugskort
  • Agterkant-drukvlerk (XR)
  • Projektor-tipe kopligte
  • Ligdiode-dagligryligte
  • Misligte voor
  • Sleutellose toegang (XR)
  • Outomatiese klimaatbeheer
  • Elektries beheerde vensters agter (XR)
  • Raakskerm-klankstelsel
  • Bluetooth-versoenbaarheid
  • Reënsonsor-ruitveërs (XR)
  • Outomatiese ligbeheerstelsel (XR)
  • Elektro-chromatiese binne-truspieël (XR)
  • Verkoelde paneelkissie (XR)
  • Privaatheidsglas vir die agterste kantvensters (XR)

Posted on by jonckie

Comments Off on Nuwe Yaris -reeks sag op die oog, jou sak en die planeet