Dr Johan Van Zyl aangestel as Uitvoerende Hoof van Toyota Afrika

  • Nuwe posisie vul verantwoordelikhede as President en Uitvoerende Hoof van Toyota Suid-Afrika Motors aan
  • Uitvoerende magte oor een van die vinnigste groeiende vastelande
  • Nuwe struktuur in pas met Toyota se verklaarde doelwitte om die maatskappy se bestuurstruktuur te versterk en doelwitte te haal wat deur Toyota-wêreldvisie bepaal is

 

Dr. Johan van Zyl, President en Uitvoerende Hoof van Toyota Suid-Afrika Motors, is as deel van ’n groot herstrukturering deur die Toyota Motorkorporasie (TMK) as Uitvoerende Hoof van Toyota in Afrika aangestel.

Dié nuwe pos, wat alle uitvoerende verantwoordelikhede aan Dr. Van Zyl sal oordra, sal alle aspekte van die maatskappy se vining-groeiende voertuigverwante bedrywighede op die vasteland dek, wat produkbeplanning, verkope, vervaardiging en uitvoer insluit.

Die veranderinge in die uitvoerende bestuur volg op die nuwe, strategiese rigting wat deur die Toyota-wêreldvisie, wat in Maart 2011 aangekondig is, gestel word. Die maatskappy doen ingevolge die Toyota-wêreldvisie ’n beroep op meer “plaaslike leiding in bestuur” en het sy voorneme aangekondig om strategiese vervulling op die verskillende groot streke te delegeer.

Dr. Van Zyl se aanstelling val saam met die TMC se groot, strukturele verandering op wêreldskaal. Die maatskappy het aangekondig dat hy sy bedrywighede in vier onderskeidende afdelings sal verdeel wat die beste daarvoor ingerig is om sy teikens vir winsgewende groei aan te voer.

Die nuwe afdelings is:

  • Lexus Internasionaal (Lexus-sakebedrywighede)
  • Toyota Nr. 1 (Noord-Amerika, Europa en Japan)
  • Toyota Nr. 2 (China, Asië en die Midde-Ooste, Oos-Asië en die suidsee-eilande; Afrika, Latyns-Amerika en die Karibiese lande)
  • Sentrale eenheid (enjin-, transmissie- en ander “eenheid”-verwante bedrywighede)

Dr. Van Zyl sal binne hierdie nuwe struktuur afsien van sy toesighoudende rol as Adjunk-bestuurshoof van die Midde-Ooste, Afrika, die Karibiese eilande en Latyns-Amerika, en sal nou as Uitvoerende Hoof van die Afrika-streek dien. Dr. Van Zyl sal ook sy verantwoordelikhede as President en Uitvoerende Hoof van Toyota Suid-Afrika Motors behou.

Posted on by jonckie

Comments Off on Dr Johan Van Zyl aangestel as Uitvoerende Hoof van Toyota Afrika