Groei in nuwe-voertuigverkope verloor spoed maar Februarie syfers bly positief

 

  • Toyota die topverkoper op elke gebied van eksterne voertuigverkope
  • Toyota aan voorpunt van uitvoergroei
  • Hilux terug in boonste posisie as topverkoper-voertuig in Suid-Afrika

 

Marksegment 2012 2013 %-verandering
Passasiersvoertuie 36 362 36 666 0.8%
Ligte handelsvoertuie 13 554 14 190 4.7%
Medium handelsvoertuie 939 868 -7.6%
Swaar handelsvoertuie 459 422 -8.1%
Ekstraswaar handelsvoertuie 981 964 -1.7%
Busse 93 110 18.3%
Voertuig-uitvoer 22 554 27 611 22.4%
Algehele mark (plaaslik) 52 388 53 220 1.6%

 

Die Toyota Hilux was aan die voorpunt van ligte handelsvoertuigverkope wat in Februarie nuwe lewe gekry het, en het die groei vir die maand verby die vergelykbare maand in 2012 gedruk, hoewel dit 3,14% laer was as in Januarie.

Die momentum van verkope het volgens die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers van Suid-Afrika (NAAMSA) in Februarie ná ’n baie lewendige Januarie verlangsaam. Dit is egter deur ’n positiewe verkopegroei onder ligte handelsvoertuie teengestaan – veral die Hilux wat verkope van 3 500 eenhede aangeteken het.

Toyota Suid-Afrika Motors het in Februarie 11 207 voertuie van die hand gesit, en ’n verdere 8 305 eenhede na markte in Europa en Afrika uitgevoer.

’n Ontleding van al die marksegmente dui daarop dat Toyota die meeste eenhede in al die segmente verkoop het, buiten die afdeling vir enkelverkope wat ’n aanwyser van ’n vervaardiger se binnenshuise verkope is.

“Die mark is besig om sy ware kleure te begin wys,” sê Dr. Johan van Zyl, President en Uitvoerende Hoof van Toyota Suid-Afrika Motors en President van Naamsa.

“Januarie-verkope lyk gewoonlik beter weens vertraagde registrasies in Desember en laat Kersfees-verkope, dus hou die bedryf ’n fyn oog op Februarie-verkope om die momentum van voertuigverkope aan die begin van die nuwe jaar beter te meet. Die algehele verkope van 53 220 eenhede in Februarie gee ons die vertroue dat ons voorspelling in die kol is dat voertuigverkope in 2013 sal groei, maar teen ’n baie stadiger pas as in 2012.”

Toyota het in Februarie baie goed gevaar met ’n skerp styging in die verkope van sy Corolla (1 048 eenhede), Etios (2 204 eenhede), Fortuner (927 eenhede) en Quantum en Ses’fikile (1 209 eenhede) om die sukses van die Hilux te ondersteun.

Verkope in die afdeling vir handelsvoertuie het in al die segmente behalwe dié vir medium handelsvoertuie (MHV) gedaal, maar die verkope in die verskillende segmente is laag genoeg om statisties deur een of twee groot vlootbestellings van balans af gegooi te word.

Volgens Dr. Van Zyl sal die sterk mededinging op kleinhandelsvlak voortgaan om voertuigverkope aan te hits, terwyl verdere druk op besteebare inkomste (soos verhoogde brandstofpryse en hoër CO2-uitlaatgasse) sal aanhou om die keuse van voertuie te beïnvloed. ’n Goeie voorbeeld hiervan is die feit dat verkope van die Toyota Etios en ander gewilde Sub B-segment-voertuie steeds skitterend vaar.

“Wat die toekoms betref, verwag ons ’n kleiner groei van die vertraagde 2007-vervangingsiklus wat 2012-verkope aangehits het. Dit behoort deur stewige kleinhandelmededinging tussen alle fabrikate en selfs nog nuwemodelbekendstellings in die aanloop tot die Johannesburgse Internasionale Motorskou in Oktober teengewerk te word,” sê Dr. Van Zyl.

Posted on by jonckie

Comments Off on Groei in nuwe-voertuigverkope verloor spoed maar Februarie syfers bly positief