Genève bied eerste kykie na Lexus IS300h

  • Europese buiging van nuwe IS 300h-volhibriedmotor
  • Bekroonde LF-CC-konsepmotor in opaalblou te sien
  • Uitgebreide Lexus F Sport-reeks

 

Europese bekendstelling vir nuwe IS 300h

Die Geneefse Motorskou vier die Europese buiging van die nuwe Lexus IS 300h-volhibried. Die nuwe model pronk met splinternuwe stilering wat dié sportsedan ’n stewiger, meer eiesoortige teenwoordigheid op die pad as voorheen gee, wat Lexus se verskerpte fokus op dinamiese verrigting beklemtoon.

Die IS 300h sal, wanneer hy later vanjaar in Europa te koop aangebied word, met die F-Sport-pakket beskikbaar wees, wat ’n ekslusiewe buitekant en binneruim met sportiewe ontwerpeienskappe en meer sportiewe ry-eienskappe sal hê.

Opaalblou LF-LC

Die bekroonde Lexus LF-LC 2+2-hibried-sportkoepee-konsepmodel sal ook by die Geneefse Motorskou wees, en word in ’n nuwe opaalblou-afwerking uitgestal. Hierdie konsepmodel vertoon Lexus se meer sportiewe nuwe beeld, wat ook ’n suiwer bestuurder-geöriënteerde binneruim het. Dit verteenwoordig ook ’n goeie vertolking van Lexus se nuwe ontwerprigting, wat in die groot uurglasvormige sierrooster-uitleg en agterkant-argitektuur bespeur kan word waar kenmerkende styl met ingenieursdoeltreffendheid saamsmelt.

Uitgebreide F-Sport-reeks

Lexus se volle reeks F-Sport-volhibriedmodelle, wat die nuwe IS 300h F-Sport insluit, sal in Genève te sien wees en hul plek vul op die splinternuwe motorskou uitstalruimte.

Posted on by jonckie

Comments Off on Genève bied eerste kykie na Lexus IS300h