Toyota by die 2013 – Geneefse Motorskou

 

  • Wêreldbekendstelling van FT-86 Open-konsepmodel
  • Wêreldbekendstelling van Toyota i-Road-konsepmodel
  • Eerste Europese motorskou-verskyning van die nuwe RAV4

Toyota het die uitdaging aanvaar om sy model,emet passie te vul die en terselfdertyd te verseker sy produkte bly ’n logiese keuse. Die wêreld se grootste voertuigvervaardiger het op grond hiervan die sluier oor twee uiteenlopende konsepmodelle by die Geneefse Motorskou gelig. Die FT-86 Open- en Toyota i-Road-konsepmodelle baan die weg vir twee nuwe modelbekendstellings wat die Toyota-modelreeks die komende paar maande sal aanvul. Hulle deel die kollig met die splinternuwe vierdegenerasie-RAV4-sportnuts.

FT-86 Open-konsepmodel

 

Die Toyota FT-86 Open is ’n oopdak-konsepmodel en gee ’n kykie na ’n moontlike toekomstige ontwikkeling van die bekroonde 86-sportkoepee. Die skoumotor sal Toyota help om openbare reaksie vir dié model te meet terwyl die vervaardiger terselfdertyd met ingenieurstoetse van ’n prototipe besig is.

Toyota i-Road

Die Toyota i-Road is as kompakte, prettige en uitlaatgasvrye persoonlike mobiliteits-konsepmodel geskep, en is ontwerp om vinnige en doeltreffende stedelike vervoer vir twee mense te bied.

RAV4

Die vierde generasie RAV4 sal die eerste keer op ’n Europese motorskou te sien wees, wat saam met sy markbestelling in Europa val. Die nuweling maak sy Suid-Afrikaanse buiging in die tweede kwartaal vanjaar. Die nuwe model bou voort op die erfenis van sy baanbreker-voorgangers, en plaas ’n groter klem op die eienskappe wat moderne gesinne vereis en wat die fokuspunt van hierdie teikenmark is, maar sonder om van sy kernwaardes prys te gee.

Die nuwe model pronk met onderskeidende stilering, ’n hoëgehalte binneruim, groter doeltreffendheid en verbeterings aan sy dryfstelsel deur al vier wiele, wat help om ’n meer innemende ry-ervaring te bied.

Die RAV4 se bekendstelling sal met die onthulling van twee spesiale ontwerpstudies, die RAV4 Premium en die RAV4 Adventure, saamval.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota by die 2013 – Geneefse Motorskou