Het ek ‘n PrDP nodig om kollegas werk toe te vervoer?

Vraag:

Ons is 8 mense wat van Vanderbijlpark na Pretoria toe ry vir werk elke dag.Die firma het vir ons n bus in 2008 gekoop en die paaiement betaal maar die bus is op my naam gekoop. Ons las elkeen ons petrol geld om by die werk te kom en terug. Ons maak beurte om te ry en ek maak nie geld uit die besigheid nie. Taxis mag net 100 km/h op die pad ry die drywer moet oor ‘n pdp lisensie beskik. Dis wat die wet verys.

Waar val ek in? Moet ek oor ‘n pdp lisensie beskik, hoe vining mag ek ry op die snelweg en moet ek ook 100km/h ry soos die taxis? Mag ek 120km/h ry omdat dit n privaat voertuig is en ek nie geld maak daaruit nie? As ons in ‘n ongeluk kom gaan ek verantwoordelik gehou word of wat kan gebeur as so iets gebeur?

Ons het ‘n paar boetes wat wag wat ons moet betaal maar dis nie altyd ek wat gery het nie . Sal die wet my verantwoordelik hou of wat bepaal die wet daaroor? As iemand dood gaan in die ongeluk kan ek gedagvaar word deur sy of haar familie omdat die voertuig op my naam is? Die bus is klaar betaal so ek skuld niks.

Vervoer besonderhede

Toyota quantum 10 sitplek bussie
GVM/BVM 2750 KG
TARA 1930 KG
VAL ONDER KOMBI/MIKRO

Antwoord:

Tegnies vervoer jy persone teen vergoeding. Die feit dat die mense slegs vir brandstof betaal en julle nie wins maak nie maak nie eintlik ‘n verskil nie. Aangesien die werk die voertuig gekoop het kan dit as ‘n “staff service” geklassifiseer word ingevolge die National Land Transport Act – daar is nie tans regulasies daarvoor nie.

As jy ‘n ongeluk maak is ek amper seker die Padongelukke fonds gaan ‘n prdp, padwaardigheidserifikaat, operateurskaart en “operating licence”soek.

Die hofsake bepaal dat iets soos help betaal aan brandstof beskou word as teen vergoeding.

As jy ‘n operating licence vir die voertuig moet hê is die spoedgrens 100 km/h.

Die staff services is bietjie van ‘n grys gebied aangesien die wet daarvoor voorsiening maak, dit definieer maar daar is nie regulasies wat die details hanteer nie.

Daar is 2 wette betrokke – die Nasionale Padverkeerswet, 1996 en die National Land Transport Act, 2009.

Groete

Groete

Alta

Alta Swanepoel and Associates

When do you need a PrDP?

Posted on by jonckie

Comments Off on Het ek ‘n PrDP nodig om kollegas werk toe te vervoer?