Die advertensie vir padveiligheid wat ons sprakeloos laat!!

Gisteroggend het die Arrive Alive webwerf ‘n e-pos ontvang van ‘n Kaapse joernalis wat meer wou uitvind oor die advertensiebord hierbo!

Dit is duidelik dat wie ook al die bord laat plaas het langs die pad in Mpumalanga nie gesorg het dat die bewoording die nodige aandag verdien nie. In plaas van “SEATBELT” is sommer verwys na ‘n “sit belt”.

Die joernalis wou uitvind of Arrive Alive dan geen “copy editors” het nie en wat die koste van so ‘n flater sal wees. Ek het dadelik aangetoon dat ons 2 kentekens/ logos moet identifiseer wat te doen het met padveiligheid. Die een is die Arrive Alive logo  – wat hier effe versier is met ‘n Mpumalanga motief , en die ander is die “Make Roads Safe” logo van die Verenigde Nasies.

Dit is duidelik dat nie die Departement Van Vervoer of die Verenigde Nasies al oot na ‘n veiligheidsgordel as ‘n “Sit Belt” verwys het nie – en dat nie een van hierdie departemente of organisasies tevrede sal wees met hierdie bewoording nie. Dit is dus die Departement van Sekuriteit, Veiligheid en Skakeling in Mpumalanga wat meer duidelikheid hieroor sal moet verskaf!

Die enigste goeie nuus is dat hierdie flater dalk tog verhoogde aandag sal vestig op die boodskap om ‘n veiligheidsgordel te dra! Die media – al is hul hoe krities ten opsigte van sulke flaters – het ook die krag om so ‘n boodskap onder veel meer lesers se aandag te bring!

Posted on by jonckie

Comments Off on Die advertensie vir padveiligheid wat ons sprakeloos laat!!