Bloemfontein ongeluk laat man ernstig beseer
23
January
Netcare 911 paramedici is vanoggend na ‘n ongeluks toneel op D.F. Malherbe Weg in Bloemfontein.
Op die toneel het hulle gevind dat twee motors gebots het en dat ‘n man ernstige beserings opgedoen het.
Nadat die man op die toneel behandel is, is hy na ‘n naby gelee hosptiaal vervoer vir verdere mediese sorg.
Die oorsaak van die ongeluk is onderworpe aan ‘n polisie ondersoek.