Vermy bestuurder moegheid met behoorlike rus!!

Photo by Barry Jacobsz

Dit is nou maar net waar dat Suid-Afrikaners dikwels te veel eet en drink tydens die kerstyd! Dit is ongelukkig ook nie net daardie oortollige vetjies wat ons moet bang maak nie. Dit is baie belangrik dat motoriste behoorlik uitgerus die pad aandurf. Daar is geen beter voorkomende stappe teen bestuurder moegheid as behoorlike rus die aand voor jy vertrek nie!

Daar is baie wat al allerhande slimmighede aangevoer het om bestuurder moegheid te voorkom. Dit wissel van koffie op die pad, die teug aan ‘n sigaret of die neem van energiedrankies. Die mens se liggaam het ongelukkig egter  ‘n biologiese klok en daarteen kan ons nie veg nie – ons kan net verloor!!

Met die padsterftesyfer wat reeds vir Desember die 1000 merk verbygesteek het is dit duidelik dat daar baie onverskillige bestuurders op die pad is. Baie van hierdie ongelukke is helder oordag en op reguit paaie. Oorsake sluit in roekelose verbygaan en bestuurder moegheid.

Slegs die bestuurder wat helder wakker en opmerksaam is sal vinnig genoeg kan reageer in ‘n noodsituasie ten einde die gevaar te vermy! Maak seker dat jy behoorlik uitgerus is en in staat is om betyds te reageer in die geval van nood!

Vir meer oor bestuurder moegheid besoek die volgende skakels!

Posted on by jonckie

Comments Off on Vermy bestuurder moegheid met behoorlike rus!!