Vermy onnodige voertuigskade meegebring deur padwoede!!

Ons is seker nie die geduldigste nasie op die pad nie en dit voel dikwels asof ons daaglikse stres ook oorvloei na ons bestuur! Ons wil staatmaak op ons regte en enige iemand wat dalk ons spasie in die verkeer opneem of belemmer word te dikwels gegroet met ‘n aaklike handgebaar, krutaal of skreeugeveg!

Dikwels lei dit ook tot onveilige bestuur en gebrekkige volgafstande en vind onnodige bufferbotsings plaas!

Wat kan ons doen om padwoede te voorkom? Die Arrive Alive webwerf het ‘n eenvoudige 10Punt-plan:

1. Vergeet van en ignoreer jou probleme by die werk en tuis en konsentreer op jou bestuur!

2. Beplan jou reis ten einde stres en angs te verminder.

3. Volg ‘n positiewe gemoedsinstelling om frustrasie te beperk.

4. Speel rustige musiek op die radio.

5. Moenie probeer om ander bestuurders se gedrag te verander nie – jy kan net jou eie bestuur verbeter!

6. Bly kalm en verdraagsaam ten spyte van provokasie.

7. Bestuur met die deure van jou voertuig gesluit en indien jy gevaar vermoed moenie die veiligheid van jou voertuig verlaat nie!

8. Tel van 1-10… dit is ou advies maar steeds goeie raad!

9. Moenie reageer met jou toeter, deur ligte te flits of gebare te maak wat die situasie slegter kan maak nie!

10. Indien jy die slagoffer is van aggressie op die pad, neem die registrasienommer en rapporteer aan die polisie.

Onthou dit is beter om laat op te daag as nooit!!

Vir meer inligting besoek die Arrive Alive webtuiste en die volgende skakels:


Posted on by jonckie

Comments Off on Vermy onnodige voertuigskade meegebring deur padwoede!!