Spesifiseer daardie padfiets duidelik in jou versekering!

Ek het onlangs die voorreg gehad om 2 van Suid-Afrika se heel beste fietryers te ontmoet! RoadCover het tydens ‘n ontbytfunksie die geleentheid gebied aan gaste om te kommunikeer met Robbie Hunter en Daryl Impey! Beide hierdie fietsryers is deel van top internasionale spanne en het insae gebied rakende internasionale fietsry.

Tydens hierdie geleentheid is daar ook van die heel beste fietse uitgestal. Ek het die tyd geneem om met een van die tegniese ouens te gesels en was heel verbaas om te hoor dat van hierdie fietse tot R120,000 kos – heelwat meer as die huidige markwaarde van my motor!

Die afgelope week was daar van hierdie fietse in aksie tydens die Momentum 94.7 Challenge in Johannesburg. Nie almal het die finansies om die heel duurste fietse te bekostig nie – maar almal moet bewus wees van die gevare van verlies en beskadiging van hul fietse!

In Suid-Afrika is daar heelwat unieke gevare vir fietsryers. Daar is al meer kriminele wat bewus is van die waarde van hierdie padfietse en bergfietse en ons vind al meer kapings van fietryers. Die vernaamste gevare vir die eienaar van ‘n fiets is:

• Skade en verlies as gevolg van ongelukke
• Kapings
• Diefstal
• Vuur
• Persoonlike aanspreeklikheid

Die behoeftes van verskillende fietryers sal verskil. Die volgende vrae mag help om te bepaal wat jou behoeftes is:

• Ry jy net vir ontspanning of is jy ‘n professionele fieryer?
• Het jy ‘n gewone fiets of ‘n sogenaamde “koolstofvesel -wunderbike”?
• Moet jou versekering bloot die waarskynlikheid van diefstal dek of is daar die kans dat jy op ‘n bergpas en teen spoed beheer oor die fiets kan verloor?
• Neem jy die fiets saam met jou na die buiteland?

Dit is belangrik dat daar nougeset gekyk word na die versekering van die fiets. Goeie advies sal insluit:

• Let noukeurig op die bepalings van die versekeringskontrak.
• Vind uit of versekering van jou huisinhoud uitgebrei kan word om hierdie die versekering van ‘n duur fiets in te sluit.
• Spesifiseer die fiets duidelik met voorlegging van bewyse van die aankoopwaarde.
• Vind uit wat die moontlike uitsluitings mag wees en waarvoor en wanneer jy nie oor versekeringsdekking sal beskik nie.
• Gee aandag aan reisversekering en of jou fiets verseker is tydens die vervoer daarvan.
• Gee aandag aan die bepalings van lugrederye rakende beskadiging en verlies sowel as die vereistes ten opsigte van die verpakking van die fiets.

Besoek ook die volgende skakels:

Cycling safely on South African roads and mountain bike trails

Cycling Safety Suggestions for South African Conditions

Mountain biking community warned to be alert of counterfeiters targeting cyclists

Mountain bikers warned to be alert to the threat of bike jacking in South Africa

Posted on by jonckie

Comments Off on Spesifiseer daardie padfiets duidelik in jou versekering!