Soms verdien roekelose bestuurders die skade wat hulle toekom!

‘n Gereelde besoeker aan die Arrive Alive webwerf het ‘n video gestuur wat gedeel moet word met ons lesers!

Dit gebeur so baie dat ons gefrustreerd raak met roekelose bestuurders wat hul nie steur aan die padreëls nie en in die proses die wetsgehoorsame bestuurders verontrief. Ons kry dit veral baie waar hierdie bestuurders voor ons indruk en verbygaan waar dit onwettig is.

Dit is seker verkeerd om onsself te verlustig in die skade van ‘n ander – maar soms is dit seker nie verkeerd om te glimlag wanneer geregtigheid geskied en daardie padverbruiker sy moses teekom nie!

Dit sal goed wees indien die versekeraar van die bestuurder in hierdie video sommer ook hierdie video te siene kry. Dit mag moeilik wees vir die eienaar om die versekeraar te oortuig dat hierdie wel ‘n ongeluk was en die versekeraar mag heel moontlik weier om hierdie skade te vergoed wat voorgekom het tydens die nie nakoming van die padreëls!

Besoek gerus die volgende skakels:

Road Safety with a Cautious Smile for the Festive Season 2012

Posted on by jonckie

Comments Off on Soms verdien roekelose bestuurders die skade wat hulle toekom!