Ken die betekenis van die klein merkers langs die pad!!

Wat beteken daardie vreemde klein merkers langs van ons nasionale paaie? Op al ons hoofpaaie kan hierdie kort paaltjies met “vreemde” padtekens al langs die pad gesien word. Ongelukkig is te min motoriste bewus wat hierdie roete merkers en die syfers daarop beteken en hoe belangrik dit kan wees in ‘n noodsituasie op die pad!

Dit is belangrik vir die padgebruiker om die volgende oor die bordjies te weet:

  • Dit is ‘n SANRAL (Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap) standaard vir alle nasionale paaie.
  • Daar word ‘n spesifieke formaat gebruik ten opsigte van die spesifieke merkers.
  • Die merkers word elke 200 meter geplaas.

Wat beteken die inligting op die merkers?

Padteken langs N4

N4 = roete waarop gereis word bv. N4.

8X = dui die gedeelte van die pad aan waarop gereis word bv. 8X.

68,0 = dui die kilometer posisie aan op die gedeelte van die roete.

E = dui die rigting aan waarin gereis word, bv. East/Oos.

Die TRACASSIST noodnommer, elke twee kilometer, kan geskakel word vir bystand indien die voertuig onklaar raak of in ‘n botsing betrokke was.

Die merkers is van onskatbare waarde wanneer  ‘n noodsituasie ontstaan. Dit help die noodpersoneel om presies te weet waar die insident gebeur het wat dan ook bepaal vanwaar die naaste hulp uitgestuur sal word.

Die persoon wat vir hulp skakel, kan na die naaste merker stap en die inligting met die persoon by die oproepsentrum deel.

Die oordra van akkurate inligting in die geval van nood kan verseker dat mediese bystand vinniger verleen kan word en die minute beteken tussen lewe en dood!

 

Padteken langs N3

Besoek ook die volgende skakel:

Emergency Response Time

Posted on by jonckie

Comments Off on Ken die betekenis van die klein merkers langs die pad!!