Hoe belangrik in jou straatadres in ‘n noodgeval?

Jou bankpinnommer moet altyd veilig bewaar word en moet geheim gehou word..  Maar wat van jou straatadres?  Is jou huis dalk so moeilik bereikbaar soos ‘n kampplek in Mosambiek ?

Weet jy of gaste sukkel om jou huis te kry, die posman nie weet waar die posbus is nie en of die apteek jou medisyne by jou gesonde buurman aflewer?  Is jou straatnommer – jou straatadres sigbaar ? Of het jy enigsins ‘n straatnommer iewers by jou huis?

Paramedici, die polisie of die brandweer het tydens ‘n noodgeval nie die luuksheid van tyd, om na die regte adres te soek nie. Wat nog as die adres iewers op ‘n versteekte klip tussen die groen ivys geverf is?  Het jy al probeer om in die donker, vriende van jou se huisadres te kry?

Wanneer ʼn mediese noodgeval binne die huis of erf plaasvind, kan waardevolle tyd verlore gaan en dit kan die verskil tussen lewe en dood beteken. TYD = LEWE.

Hier is ʼn paar wenke :

  • Die straatnommer moet verkieslik regoor die voordeur van die huis of die oprit geplaas word
  • Die straatnommer moet ook van albei kante sigbaar wees en groot genoeg wees
  • Die nommer moet in kontras met die agtergrond wees.
  • Gebruik ‘n eenvoudige skryfstyl
  • Gebruik slegs ʼn wit lig waar nommers verlig word.
  • Dit help as die nommer in die aand weerkaats.
  • Wanneer ʼn huis gedurende die feesseisoen versier word, moet die straatnommer steeds duidelik sigbaar wees.
  • En ten slotte maak sommer seker dat jou straatnaam wel op die hoek van die straat aangebring is

[ Inligting deur CrisisOnCall: Gaan oop oë deur die lewe met CrisisOnCall.  Vind uit oor hulle krisislyn, reismonitering, mediese bystand en identifikasie in noodgevalle.  Pretoria 3353-776.  3353-776]

Besoek ook die volgende skakels:

Emergency Response Time

 

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Hoe belangrik in jou straatadres in ‘n noodgeval?