Dit is ‘n misdaad om nie op die ongelukstoneel jou identiteit te openbaar nie

Daar word dikwels gevra wat ‘n motoris te doen staan op ‘n ongelukstoneel. Ons sien hoe motorbestuurders besonderhede uitruil op ‘n ongelukstoneel, registrasie besonderhede afneem of selfs fotos neem. Is dit werklik nodig en moet dit gedoen word?

Dit is uiters belangrik om te let op wat wetgewing in hierdie verband bepaal en te let op moontlike gevare. Dit is ook belangrik om te besef dat ons dikwels na ‘n ongeluk so geskok is dat ons nie altyd helder dink nie en moontlik kan versuim om reg op te tree. Ons motorversekering mag vereis dat ons voldoen aan bepaalde vereistes na die plaasvind van ‘n ongeluk – byvoorbeeld om nie enige verklarings rakende skuld te doen nie!

Ons wil graag hier aanhaal vanuit die Engelse webwerf Insurance chat  – en ‘n bespreking onder die titel “How do I establish the details of the driver who crashed into my car?”.

Die verpligtinge van ‘n bestuurder in geval van ‘n motorongeluk word vervat in Afdeling 61 van die Padverkeerswet. Ons haal aan uit die wet:

Sec 61. Duty of driver in event of accident

(1) The driver of a vehicle at the time when such vehicle is involved in or contributes to any accident in which any person is killed or injured or suffers damage in respect of any property, including a vehicle, or animal shall—

(a) immediately stop the vehicle and report the accident on the prescribed form and in the prescribed manner, the officer concerned shall deal with the report in the prescribed manner and the chief executive officer must ensure that the accident is recorded in the register of accidents in the prescribed manner and within the prescribed period;

(b) ascertain the nature and extent of any injury sustained by any person;

(c) if a person is injured, render such assistance to the injured person as he or she may be capable of rendering;

(d) ascertain the nature and extent of any damage sustained;

(e) if required to do so by any person having reasonable grounds for so requiring, give his or her name and address, the name and address of the owner of the vehicle driven by him or her and, in the case of a motor vehicle, the licence number thereof;

(f) if he or she has not already reported……etc

Wanneer moet ek my besonderhede openbaar?

Hieruit blyk dat dit belangrik is om te let op die volgende:

Die verpligting om inligting te openbaar ontstaan waar tydens die ongeluk:

–          Waar iemand gedood of beseer is

–          Daar enige skade veroorsaak is aan eiendom – hetsy die voertuig, ‘n gebou of selfs ‘n dier..

Hoe weet ek die inligting aan my gegee is korrek?

In ‘n perfekte omgewing sal niemand valse besonderhede verskaf nie – maar ongelukkig is daar baie kansvatters wat aanspreeklikheid sal probeer ontduik! Daar is te veel bestuurders wat rondry met motors wat nie verseker is nie en wat sal probeer “verdwyn”.

Ons wil as volg aanbeveel:

–          Neem besonderhede vanaf die rybewys of identifikasiedokument van die ander bestuurder.

–          Neem sy selfoonnommer en skakel sommer dadelik ten einde te bevestig dat dit die regte nommer is.

–          Skryf die registrasienommer van die voertuig af saam met die model van die voertuig en kleur.

–          Gebruik jou selfoon en neem ‘n fotos van die registrasienommer van die voertuig

–          Neem ‘n foto van die lisensieskyfie  [licence disk]

Vir meer advies besoek ook die volgende skakels:

Best Photographs to take at the Scene of An Accident

Legal Duties and Advice at scene of an Accident

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Dit is ‘n misdaad om nie op die ongelukstoneel jou identiteit te openbaar nie