Die regte inligting by die maak van ‘n noodoproep kan lewens red!!

Met die aanbreek van ‘n noodsituasie is dit tyd vir kalm denke ten einde die regte mediese bystand vinnig op die toneel te kry. Ongeag of dit ‘n motorongeluk of ‘n ander mediese noodgeval mag wees -kommunikasie is uiters belangrik!

Baie van ons is nie in staat om tydens krisisse die regte inligting oor te dra nie  – en dit is miskien goed dat ons verstaan nie net wat ons moet doen tydens die maak van ‘n noodoproep nie – maar ook waarom ons dit doen!

Ons wil graag aanhaal uit die nuutste nuusbrief van CrisisOnCall:

“Daar gebeur dit. Jy maak ʼn oproep na ʼn noodnommer en nou vra die persoon by die noodsentrum baie “onnodige” vrae. Dit vertraag mos die uitstuur van hulp!

Die oproepsentrumpersoneel moet egter verseker dat die regte hulp na die regte adres gestuur word. Beperkte inligting kan die reaksietyd onnodig verleng en dit kan ʼn lewe kos. Hier is ‘n paar waardevolle wenke:

Bly altyd kalm en praat duidelik.

• Identifiseer jouself en gee ‘n telefoonnommer waarop jy terug geskakel kan word.
• Verduidelik die noodsituasie kortliks en hoeveel mense daarby betrokke is.
• Verskaf ‘n volledige adres waar die insident gebeur het.
• Die voorstad, stad en provinsie is belangrik om te noem aangesien daar baie voorstede en strate in verskillende dorpe is wat dieselfde naam het. (Die provinsie is belangrik want dit kan bv. Middelburg in die Kaap wees of Middelburg in Mpumalanga.)
• As die insident op ‘n pad gebeur het, noem die pad se naam, voorstad en stad.
• Noem die naaste kruis- of dwarsstraat sodat die noodvoertuig vinnig by die regte adres kan uitkom.
• Indien dit in ‘n gebou is, moet die vloer en kamernommer ook verskaf word. Iemand kan ook by die ingang van die gebou wag.
• Indien dit op die oop pad gebeur het, probeer om die pad se nommer te verskaf sowel as die afstand van die naaste dorp/stad en die se naam.

Hulp kan reeds uitgestuur word terwyl jy met die oproep besig is. Tyd kan ‘n lewe red of kos.

Die oproepsentrumpersoneel is opgelei om die uitstuur van noodpersoneel vinnig te doen.

Waarom moet ek die straatnaam spel? Wel, met naamsveranderings word die spel van name al hoe moeiliker. Wees gereed vir die vraag en maak seker dat jy en die persoon by die oproepsentrum dieselfde adres het.

Vir meer inligting besoek die volgende skakel op die Arrive Alive webtuiste:

Emergency Response Time

Posted on by jonckie

Comments Off on Die regte inligting by die maak van ‘n noodoproep kan lewens red!!