CrisisOnCall bied uitkoms in noodgevalle die afgelope 10 jaar!

Baie mense beland daagliks in die verkeerde hospitale of word verkeerd behandel bloot as gevolg van ‘n gebrek aan tydige inligting. Paramedici moet vinnige besluite neem en hoe meer mediese inligting beskikbaar is hoe beter vir behandeling.

Ons lewe ook in ‘n land van realiteite waar pasiënte in baie gevalle beroof word voordat noodpersoneel opdaag. CrisisOnCall is op 1 Oktober 2012 tien jaar oud en het die mark regop laat sit met sy innoverende dienste wat ‘n effektiewe identifikasie bandjie insluit.

Vandag word die bandjie as ‘n enkel produk onder die naam iLive911 bekend gestel. Dit is steeds saam met die ander dienste as ‘n eenheid beskikbaar. Hierdie rubber of geweefde bandjie word daar gestel om nie net mediese inligting aan mediese personeel bekend te stel nie maar ook bystand met mediese inligting aan hulle te verskaf, waar nodig. Die CrisisOnCall identifikasie konsep is ook deur paramedici, dokters en ander nooddienspersoneel ontwikkel.

‘n Spesiale produk vir Alzheimer-siekte lyers en hul ondersteuner word ook vandag bekend gestel. Hierdie produk sluit ook die identifikasiebandjie in maar verskaf ook mediese inligting en berading vir die ondersteuners. Hierdie produk word ook onderskryf deur Alzheimer’s SA.

Met die iLive911 en Alzheimer’s produkte word beoog om die lewe van baie Suid Afrikaners te vergemaklik en van hulp te wees met inligting en berading waar nodig.
CrisisOnCall is ook die eerste maatskappy wat aparte tolvrye noodnommers in Afrikaans en Engels verskaf.

Die oproepsentrum word bedryf deur Europ Assistance SA. Die eerste klank tydskrif, @Karaat, sien die lig nadat CrisisOnCall, en MMM Produksies hande gevat het om ‘n tydskrif met klank in die formaat van ‘n CD bekend te stel. @Karaat sal voortaan maandeliks verskyn en bevat artikels oor onder andere, Verbruikersake deur Ina Wilken, My ma se kos deur Gert van Tonder en sommer vele meer. Nou kan selfs mense wat nie meer kan lees nie ook die luuksheid van ‘n tydskrif ervaar.

Besoek ook:

CrisisOnCall , Emergency Roadside Assistance and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on CrisisOnCall bied uitkoms in noodgevalle die afgelope 10 jaar!