Wat word verseker met versekering van draagbare besittings?

Wat presies behels die versekering van draagbare besittings? Ons het gaan loer na die dekking wat beskikbaar is by Virseker en wat dit behels:

Hier mag jy eis vir items wat jy gewoonlik saam met jou dra wat gesteel is of skade kry.

Wat jy betaal wanneer jy eis – die bybetaling(s)

Elke keer wanneer iets gebeur waarvoor jy eis, is jy verantwoordelik vir die basiese bybetaling. Jy moet ook enige van die bykomende bybetalings op die skedule, bo en behalwe die basiese bybetaling, betaal.

Ons sal jou vergoed vir:

  1. Verlies van of skade aan jou juweliersware, klere en die persoonlike items wat jy en jou gesinslede wat by jou woon, dra of saam met jou dra. As enige een item meer as die bedrag op jou skedule werd is, moet dit gespesifiseer wees voordat ons jou daarvoor vergoed.
  2. Enige iets wat nie aan bogenoemde beskrywing voldoen nie, maar slegs as ons ingestem het om dit te verseker en dit spesifiek op die skedule aangetoon word.
  3. Fietse, voorskrifbrille, kontaklense en selfone, maar slegs as dit op jou skedule gespesifiseer is.
  4. Boorgat- en swembadtoerusting (insluitend die pomp), maar slegs as dit op die skedule gespesifiseer word.

Ons vergoed jou nie vir:

  1. Verlies, skade of agteruitgang as gevolg van motte of goggas of knaagdiere, skoonmaak, stryk, herstel of opknapping.
  2. Verlies van of skade aan ’n horlosie as gevolg van ooropwenning, lekkende batterye of onderdompeling in water.
  3. Iets wat jy slegs vir besigheids-, handels- of professionele doeleindes gebruik.
  4. ’n Totaal wat meer is as die bedrag op jou skedule as jou versekerde items uit die kajuit van jou kar gesteel word. Daar sal geen dekking wees as ons nie die skade wat deur die inbraak aangerig is, kan sien nie.
  5. ’n Totaal wat meer is as die bedrag op jou skedule as jou versekerde items uit die kattebak van jou kar gesteel word. Daar sal geen dekking wees as ons nie die skade wat deur die inbraak aangerig is, kan sien nie.
  6. Jou wasgoed wat gesteel word terwyl dit buite hang.
  7. Geld, tjeks en ander verhandelbare instrumente.

Slotsom:<

Dit is altyd die beste raad om in geval van twyfel meer te verklaar as wat jy dink nodig is. Kommunikeer duidelik met jou versekeraar en wees altyd bereid en gereed om meer inligting of bewyse te verskaf. Dit is raadsaam om altyd afskrifte en stawende dokumentasie te behou van waardevolle items sodat daardie items maklik identifiseer kan word en die waarde daarvan akkuraat bepaal kan word! Neem fotos van die items waar moontlik en hou kwitansies en ander dokumentasie op rekord!

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat word verseker met versekering van draagbare besittings?