Wat vertel die statistiek rakende misdaad in Suid-Afrika vir ons oor Versekering?

Vroeër vandag is die nuutste statistieke oor misdaad in Suid-Afrika bekendgemaak deur die Minister van Polisie. Ons het ook hierdie inligting gedeel met lesers op die Arrive Alive webwerf onder die titel “Crime Statistics: Decline in vehicle hijackings but increase in drunk driving”

Daar is positiewe tekens veral rakende geweldsmisdade en geweld by voertuigdiefstal. Dit is egter ontstellend dat daar volgens die statistieke van die polisie ‘n toename was in dronkbestuur.

Tewyl die gewapende roof en huisbraak afgeneem het was daar egter ‘n toename in roof by besigheidspersele.

Opsommend kan ons let op die volgende statistiek bekendgemaak deur die Polisie:

Afname in Motorkapings: -11.9%

Afname in Transito –Roof: -37.5%

Statistiek oor die Trio –Misdaad:

Motorkapings -11.9%

Huisbraak -1.9%

Roof by Besighede +7.5%

Toename in Dronkbestuur: +2.9%

Toename in Diefstal uit Voertuie: +4.5%

Besoek die Arrive Alive webwerf vir meer inligting.

Slotsom

Dit is duidelik uit bovermelde inligting dat Suid-Afrikaners steeds meer waaksaam moet wees ten einde die verlies en beskadiging van hul eiendom te voorkom. Al is die gewelddadige wegneem van voertuie aan die daal, is daar steeds al meer dronk bestuurders op die paaie sowel as kriminele wat probeer inbreek in voertuie en besittings steel uit voertuie!

Dit is ook belangrik dat ons meer bedag sal wees, nie net ten opsigte van die beveiliging van ons huise nie, maar ook ons besighede!

Sien ook die Misdaad per Provinsie per Polisiestasie

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat vertel die statistiek rakende misdaad in Suid-Afrika vir ons oor Versekering?