Versekering noodsaaklik vir kragtige vierwielmotorfietse

Suid-Afrikaners geniet die buitelewe en daar is min beter maniere om die natuur te ervaar as op ‘n vierwielmotorfiets. Ongelukkig is daar ook baie vierwielmotorfiets aanhangers wat nie voldoende ag slaan op hul eie veiligheid wanneer hulle hierdie kragtige fietse bestuur nie. Dit gebeur ook te dikwels dat daar ‘n paar drankies geneem word voor en tydens die rit – en te veel kere word minderjariges toevertrou met fietse wat eenvoudig te sterk is vir hul vermoëns.

Met die Ontwikkeling van die Arrive Alive webwerf word dan ook gereeld media verslae ontvang rakende hierdie ongelukke. Ons het dit ook dus goedgedink om ‘n bladsy te ontwerp op die Arrive Alive website vir Quad Bike Veiligheid 

Ons het dit goedgedink om nader te kyk na die versekering wat deur versekeraars verleen word en om kortliks hieruit aan te haal. Dit sal belangrik wees om met jou versekeraar te kommunikeer en versekeraars en hul produkte te vergelyk ten einde te bevestig of sulke dekking verleen word

Wat word meestal verseker met Quad Bike / Vierwielmotorfiets Versekering?

Hierdie versekering kan die volgende dekking verleen:

  • Omvattende dekking gedurende gebruik “off-road”. Dit sluit in skade as gevolg van diefstal, vuur, vandalisme en enige ander gespesifiseerde risiko.
  • Versekeringsdekking teen vuur en diefstal
  • Ongeluk/ Botsing skade – Skade veroorsaak deur ‘n botsing met ‘n ander vierwielmotorfiets, rotse, bome en ander hindernisse.
  • Versekering teen derdes
  • Dekking vir gebruik op die renbaan [ onderworpe aan vooraf-kennisgewing en bepaalde voorwaardes]
  • Kostes van insleep [Breakdown cover]
  • Padbystandsdekking kan insluit battery aansluiting, vervanging van bande en slotmaker dienste.
  • Dekking vir blus van vure
  • Dekking vir gebruik oor landsgrense soos in Namibië, Lesotho, Mosambiek, Swaziland en Botswana.

Dit is ook belangrik om bedag te wees op bykomende dienste soos

  • Nooddienste soos noodvlugte en verwydering vanaf die ongelukstoneel
  • Trauma dienste
  • Opsionele persoonlike ongeluksdekking
  • Dekking vir verlies of beskadiging van die valhelm om beskermende klere tot ;n spesifieke waarde

Belangrike vrae om te rig aan jou versekeraar mag insluit:

–          Veleen my versekering dekking vir bestuurders van alle ouderdomme?

–          Word dekking aan meer as een individu verleen?

–          Word addisionele ontwikkelings en aanpassings ook gedek en moet dit afsonderlik gespesifiseer word.

–          Is dekking buite Suid-Afrika ook van toepassing?

Vir ‘n meer volledige bespreking let ook op die volgende:

Besoek gerus ook:

Quad Bike Veiligheid 

Vierwielmotorfietse /Quad Bikes en Versekering

Quad24

 

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Versekering noodsaaklik vir kragtige vierwielmotorfietse