Misdaad en roekelose bestuur maak versekering in Suid-Afrika noodsaaklik!!

Versekering beskerm die versekerde teen beide die skade en verlies van bates. Ongelukkig is hierdie beskadiging en verlies van ‘n bate in Suid-Afrika baie keer as gevolg van misdaad. Dit word dan ook beklemtoon op die webwerf van die Kom Huistoe-Veldtog. Ek wil graag aanhaal vanuit hierdie webtuiste:

“Volgens AfriForum se navorsing is misdaad die tweede grootste rede waarom Suid-Afrikaners die land verlaat. Talle mense wat emigreer, het self slagoffers van misdaad geword of weet van mense naby aan hulle wat slagoffers geword het. Die opeenhoping van negatiewe nuus oor misdaad is ’n versterkende faktor.”

Verlede week is hierdie boodskap selfs deur ‘n humoristiese e-pos aan die Arrive Alive webwerf oorgedra:

Dit is ongelukkig egter vir baie Suid-Afrikaners net die misdaad  diefstal waarteen hul verseker! Misdaad is nie iets wat ons net bedreig by ons huise en besighede nie -maar ook op die paaie! Roekelose nie-nakoming van verkeersreëls is niks anders as misdaad nie – en bedreig nie net ons voertuie nie maar ook ons lewens!

Elke Suid-Afrikaner is self op een of ander stadium betrokke in ‘n ongeluk op die pad of weet van iemand naby aan hom of haar wat in ‘n motorongeluk was! Ten spyte van hierdie realiteit besluit die meerderheid motoriste egter nog steeds om dit te waag op die pad sonder versekering.

Die Arrive Alive webtuiste en die blogs oor versekering ontvang gereeld navrae van die publiek oor wat hul te doen staan waar daar eise teen hul ingestel word na ongelukke en waar hul voertuie nie verseker is nie!

Dit is uiters noodsaaklik dat ons realisties bly en aanvaar dat die besluit om nie te verseker nie neerkom op ‘n dobbelspel! Jy kan finansieel gekruppel word indien jy nie die nodige versekering uitneem nie.

Ons wil graag motoriste waarsku om mooi na te dink – selfs al is jy van mening dat omvattende versekering baie duur mag wees – moet dit nie op die pad waag sonder versekering teen derdes, vuur en diefstal nie!

Posted on by jonckie

Comments Off on Misdaad en roekelose bestuur maak versekering in Suid-Afrika noodsaaklik!!