Belangrike oorwegings om in ag te neem by die aankoop van ‘n voertuig

Wat is die belangrikste aspekte om van bewus te wees wanneer jy oorweeg om ‘n voertuig aan te koop? Die Arrive Alive webwerf is onlangs genader deur ‘n persoon wat ‘n paar kort feite wil saamstel op ‘n gelamineerde kaart vir verspreiding deur ‘n motorhandelaar! Op die rugkant van die gelamineerde kaart kon ons dan ook ‘n paar van die belangrikste wenke vir padveiligheid deel.

Ons wil graag hierdie voorstelle ook hier deel:

    • Koop ‘n voertuig van ‘n betroubare fabrikaat
    • Koop ‘n voertuig van ‘n betroubare handelaar.
    • Koop ‘n voertuig wat inpas by jou begroting.
    • Verkry ‘n verskeidenheid versekeringskwotasies en WEES TE ALLE TYE VERSEKER.
    • Doen navraag wat die instandhoudingskoste van die voertuig mag beloop.
    • Doen navraag na die petrolverbruik van die voertuig.
    • Veiligheid moet die belangrikste oorweging wees – kyk na veiligheidsaspekte soos ABS
    • Kyk na die wiele/ bande op die voertuig
    • Maak seker dat onderdele vir die voertuig beskikbaar sal wees.
    • Vermy die versoeking om te koop net vir vermoëns van die masjien.

Wenke vir Veiligheid

      • Hou die voertuig in ‘n behoorlike toestand
      • Moenie die spoedgrens oorskry en bestuur met inagneming van bestaande toestande.
      • Hou by padreëls en vermy gevaarlike verbysteek.
      • Gee ag op verkeerstekens en verleersligte.
      • Volg ‘n 3 sekonde volgafstand.
      • Dra altyd jou veiligheidsgordel en maak seker dat passasiers diesefde doen.
      • Skakel altyd ligte aan met sonsondergang of in swak lig.
      • Hoe ligte gedomp vir aankomende verkeer.
      • Neem ander padgebruikers in ag – moenie roekeloos en nalatig bestuur!
      • Wees versigtig en op die uitkyk vir voetgangers – veral kinders en bejaardes.
      • Gehoorsaam Padreëls te alle tye!!

Posted on by jonckie

Comments Off on Belangrike oorwegings om in ag te neem by die aankoop van ‘n voertuig