Wat is die unieke risikos vir Suid-Afrikaanse bestuurders?

Meeste sal erken dat die antwoord die teenwoordigheid van talle slaggate op ons paaie is. Dit kan ook wees die risiko om veral snags allerlei diere op ons paaie te vind waar heinings beskadig is of selfs waar bokke oor heinings gespring het.

Die media skep soms die verkeerde indruk van ‘n land. Een opspraakwekkende foto kan vir die oningeligte dit laat voorkom asof daar totale chaos is. Een foto van ‘n persoon saam met ‘n leeu kan die indruk skep dat daar leeus om elke hoek en draai in Suid-Afrika is.

Dieselfde sal plaasvind waar ons ‘n foto plaas van ‘n olifant teen of bo-oor ‘n voertuig.

‘n Gereelde besoeker aan die Arrive Alive webwerf het hierdie foto hierbo aangeheg gestuur van ‘n olifant bo-oor ‘n voertuig met die vraag “Wat doen ‘n olifant wanneer dit krap?”

Dit is miskien net gepas dat ons inligting deel oor padveiligheid en veiligheid van voertuie wanneer ons op safari is in Suid-Afrika. Dit is selde dat voertuie deur diere beskadig word in ons parke en reservate en dit is wel moontlik om vreedsaam en skadeloos naby mekaar te beweeg. Ons wil een so ‘n interessante foto deel geneem deur Gerhard Steenkamp van Phototalk.

Leeus by Satara afgeneem deur Gerhard Steenkamp

Besoek ook:

Guide to safety and driving on safari / driving in the nature reserve

Wildlife in South Africa /Phototalk

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat is die unieke risikos vir Suid-Afrikaanse bestuurders?