Wat moet jy weet wanneer jy gestop word deur die polisie?

Dit is belangrik dat ons weet wat ons regte is! Ek was bevoorreg om ‘n uitnodiging te ontvang na ‘n funksie verlede week van “Crime Line”. Crime Line  is nou 5 jaar oud en in hierdie tyd is meer as 3,000 arrestasies gedoen na leidrade wat deur die publiek verskaf is. Hier is ek voorgestel aan van die flukse werkers van “Corruption Watch” en kon ek meer uitvind rakende hul aktiwiteite.

Ek het ook ‘n pamflet ontvang van Corruption Watch met waardevolle inligting wat ek graag ook wil vertaal vir lesers in Afrikaans:

Ken jou Regte

  • Wanneer jy voorgekeer word deur die polisie mag jy vra om die polisiebeampte se aanstellingskaart te sien. Hierdie kaart sluit in besonderhede rakende die beampte se foto, naam, rang, afdeling en stasie ingevolge die Strafproseswet 51 van 1977.
  • Indien die Polisiebeampte versuim om hom aan jou te identifiseer mag jy weier om jou bestuurderslisensie te toon.
  • Indien jy nie jou bestuurslisensie of identifikasie dokument by jou het nie mag die polisiebeampte jou vir 12 uur in aanhouding hou ten einde jou identiteit te bevestig.
  • ‘n Manlike polisiebeampte mag nie ‘n vrou deursoek nie , maar mag jou versoek om jou sakke en handsak leeg te maak.
  • Jy is nie verplig om boetes op die plek te betaal nie. Indien daar egter ‘n lasbrief vir arres teen jou is mag jy aanghou word tot die boete betaal is.
  • Indien jy afgetrek word vir dronk bestuur moet ‘n polisiebeampte jou neem na die polisiestasie ten einde ‘n dossier oop te maak voordat jy na die kliniek geneem word vir ‘n bloedmonster. ‘n Bloedmonster moet binne 2 ure geneem word.
  • ‘n Polisiebeampte mag nie vir jou of enige ander persoon verbaal bedreig of intimideer nie. Kry die besonderhede van enige beampte wat jou onregmatiglik hanteer.
 
Verdere Besonderhede vir hulp:

www.corruptionwatch.co.za

Crime Line 32211
Justice Project 081 208 6682
 
Besoek ook in Engels:

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat moet jy weet wanneer jy gestop word deur die polisie?