Wanneer weet jy dit is tyd om verlof te neem by die werk?

Ons almal bereik daardie stadium waar ons weet -“Tot hier toe en nie verder!” Dit is dan wanneer ons probeer om ‘n ruskansie te neem. Maar wanneer weet ons hierdie tyd het aangebreek?

‘n Gereelde besoeker aan die Arrive Alive webwerf het ‘n video gestuur in ‘n epos met die titel “Tyd om verlof te vat”. Uit ‘n versekeringsoogpunt kan ons miskien daarop let dat te veel stres ook nie goed is vir die behoud van jou skoon versekeringsprofiel nie  – Dit mag dalk meer as net jou posbussie wees wat in die slag bly!

Dit is belangrik dat ons kalm bly wanneer ons op die pad gaan en behoorlike volgafstande handhaaf. Vermy padwoede en probeer met ‘n rustige ingesteldheid die paaie aandurf! Wanneer bestuurders hul stres met hul neem op die pad is dit juis wanneer oorhaastige en onveilige besluite geneem word!

Ons deel graag hierdie video:

Posted on by jonckie

Comments Off on Wanneer weet jy dit is tyd om verlof te neem by die werk?