Videos gee goeie aanduiding van spitsverkeer in Johannesburg, Kaapstad, London en Parys

Ons het onlangs bietjie meer inligting verskaf op die Insurance Chat blog oor spitsverkeer in beide Johannesburg en Kaapstad. Met die hulp van “lewendige data” van navigasie deskundiges TomTom is dit moontlik om aan te toon hoe die beweging van voertuie op ons besigste paaie lei tot verkeersknope..

Deur die navigasietoestelle in duisende voertuie te volg en die data te plaas binne ‘n kort videogreep kan ons mooi sien hoe verkeersknope plaasvind tydens spitsverkeer beide in die oggende en middae soos honderde duisende motoriste hul weg baan na hul werkplekke. Vir voertuigversekeraars is dit dikwels ‘n nagmerrie – veral in nat padtoestande wanneer daar gereeld bufferbotsings voorkom. Nie net word baie tyd spandeer in verkeersopeenhopings nie – maar ook baie geld bestee as gevolg van onnodige en voorkombare botsings!

Verkeer in Johannesburg

Verkeer in Kaapstad

Dit word selfs meer interessant as ons dit vergelyk met dieselfde inligting van selfs groter stede soos London en Parys!

Verkeer in Parys

Verkeer in London

As markleier in “lewendige verkeersinligting” is TomTom daarop gefokus om verkeersopeenhopings te verminder en die beste lewendige verkeersinligting te lewer aan diegene wat gebruik maak van TomTom navigasie toestelle.

Vir meer oor spitsverkeer en hoe daar met behulp van GPS Navigasie gepoog word om verkeersknope te verminder, besoek gerus die volgende skakels in Engels:

Online Route Planner for South Africa

TomTom Traffic Manifesto and Traffic Congestion

Vehicle and Insurance Telematics and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on Videos gee goeie aanduiding van spitsverkeer in Johannesburg, Kaapstad, London en Parys