Hoe bang is ons werklik vir arrestasie weens dronkbestuur?

Wat is die rede waarom jy nie drink en bestuur nie? Is dit moontlik dat jy bang is vir arrestasie en om opgesluit te word in die tronk? Is dit dat jy dalk bang is om ‘n botsing te veroorsaak en jy weet dat die versekering nie gaan uitbetaal as jy dronk was ten tyde van die botsing nie?

Die beste rede sal wees as jy nie jou eie en ander lewens wil verwoes nie!! Het jy al daaraan gedink hoe dit moet voel om die res van jou lewe met ‘n skuldgevoel rond te loop nadat jy ‘n ander se lewe verwoes het? Sien jy kans vir die verwyt van ander wat weet jy was die rede waarom iemand anders dood of vermink is?

Party advertensieveldtogte wat daarop gemik is om gevalle van dronkbestuur te verminder fokus op die gevare en gevolge van opsluiting in die tronk. Baie gereelde dronk bestuurders is egter vinnig om te bevestig dat hul altyd ‘n ekstra geldjie in die voertuig hou om hulself uit ‘n ongemaklike situasie “te koop”.

Ek het hierdie afgelope week ‘n lang gesprek hieroor gehad met Howard Dembovsky van Justice Project South Africa. Hy het ook beklemtoon dat ons nie die gebruik van asemhalings apparate moet sien net as ‘n metode om te verseker dat ons nie opgesluit word nie – maar wel eerder moet fokus daarop dat ons ons nugter is wanneer ons op die pad gaan. Die beste bly steeds om heeltemal nugter te wees eerder as om net binne toelaatbare perke te bly!

Hy het interessante statistieke verskaf oor arrestasies vir dronkbestuur tussen 10 Desember 2010 en 11 May 2011

Besoek gerus die volgende skakels in Engels:

Breathalysers and Road Safety

The consequences of drunk driving and unlicensed driving explained

Vir inligting oor Versekering en Dronkbestuur:

Posted on by jonckie

Comments Off on Hoe bang is ons werklik vir arrestasie weens dronkbestuur?