Waar kan ek hulp en advies bekom oor Alzheimer’s /Dementia?

 

”]Baie van ons het ‘n familielid met Alzheimer’s en is bewus van die eise wat dit aan ons elkeen stel. Op die Arrive Alive webtuiste het ons inligting beskikbaar gestel aan familielede rakende padveiligheid en watter risikos Alzheimer’s inhou vir veiligheid op die pad. Daar is ook wenke oor hoe om die persoon met Alzheimer’s te oortuig om afstand te doen van sy voertuig.

Maar hoe kan ons verder gehelp word en wie is die professionele persone wat bystand kan verleen? Ons wil graag aanhaal uit die nuusbrief van CrisisOnCall:

Wat is Dementia?

Dementia affekteer die chemiese deel van die brein wat ‘n verlies aan geheue en intellektuele funksies en persoonlikheidsveranderings te weeg bring met uiteindelike fisiese agteruitgang.

Eenvoudig gestel; dementia is die gevolg van Alzheimer’s. Ander oorsake sluit in vaskulere skade en alkoholmisbruik.

Alzheimer’s SA

Alzheimer’s SA was 27 jaar gelede gestig deur ‘n klein omgeegroepie. Alzheimer’s SA het intussen so gegroei dat hulle in staat is om ‘n reeks dienste aan die publiek te lewer.

Hulle doen bewusmaking van die siektetoestand deur mense met dementia, familielede, persone in die gesondheidsbedryf, omgeegroepe en die algemene publiek in te lig oor die aard en bestuur van dementia. Hulle bevorder self-help programme, ontwikkel hulpbronne en netwerke vir familielede en gemeenskappe en doen navorsing ten opsigte van die voorkoming van dementia.

Alzheimer’s SA beskik oor ‘n nasionale kantoor met nege streekskantore wat help met inligting, ondersteuningsgroepe, formele opleidingskursusse, inligtingsdae, nuusbriewe en ‘n spesiale biblioteek oor dementia. Hul Oos-Kaap kantoor bied ook ‘n diagnostiese en evalueringskliniek wat deur ‘n professionele span hanteer word.

Deur lidmaatskap aan die Pasient Gesondheidsalliansie van Nie-Regeringsorganisasies en die SA Ouer Persone Vereniging Forum, onderhandel hulle met die regering namens mense wat deur dementia geaffekteer is.

Baie van hul werk word deur vrywilligers gedoen. Sonder hulle sou Alzheimer’s SA nie naastenby dit kon bereik wat nou die geval is nie. Hulle is dankbaar teenoor die persone wat hul hulplyn beman en dosyne ondersteuningsgroepe wat betrokke is.

Ongeveer 250,000 mense in Suid-Afrika het die een of ander vorm van dementia. ‘n Toename in die land se populasie sal die getal ook drasties laat vermeerder (Ilse Koen, Uitvoerende Direkteur).

CrisisOnCall bied nou ook ‘n spesiale pakket aan vir Alzheimer’s leiers. Hierdie pakket word onderskryf deur Alzheimer’s SA en dit is spesifiek gemik op telefoniese advies en berading aan die versorger, identifikasiebandjie met mediese en ander belangrike inligting, algemene inligting ten opsigte van Alzheimer’s en inligting oor die simptome en hantering van Alzheimer’s, sowel as hulp met vermiste persone. (Hierdie dienste is reeds volledig ingesluit by die standaard CrisisOnCall pakket.)

Meer inligting kan verkry word by die CrisisOnCall bemarkingskantoor by 0861 57 47 47 of e-pos adres marketing@crisisoncall.co

Besoek ook:

Alzheimer’s and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on Waar kan ek hulp en advies bekom oor Alzheimer’s /Dementia?