Kommer oor toename in motorfietsongelukke

Foto van Matrix Road Safety Foundation

Die ontwikkeling van die Arrive Alive webtuiste sluit in die verspreiding van nuus op ander webwerwe en blogs oor ongelukke landwyd en ook skakels na wenke wat kan help om hierdie ongelukke te voorkom.

ER24 stuur daagliks nuus oor verskeie van hierdie ongelukke na die webtuiste en ons versprei dit verder na die blogs by Accidents.co.za en RoadSafety.co.za. Ons gaan ook voortaan nuus ontvang van die Matrix Road Safety Foundation met gepaardgaande wenke oor padveiligheid.

In hierdie bespreking wil ons nie soseer let op die versekering van motorfietse nie, maar wel die noodsaaklikheid om te waak teen die gevare op die pad!

Vroeër vanmiddag het daar juis so ‘n berig oor ‘n motorfietsongeluk in Graystone Laan in Wynberg ons bereik. Dit is opvallend die afgelope maand hoedat daar bykans elke dag iewers in Suid-Afrika ‘n ernstige motorfietsongeluk plaasgevind het. Daar is ‘n duidelike toename in hierdie nuusberigte en dit laat die vraag by ons opkom wat die rede daarvoor mag wees.

In die afwesigheid van duidelike navorsingsresultate in die stadium is dit wel moontlik om te bespiegel dat die stygende petrolprys en duur kostes van vervoer ‘n moontlike rede mag wees.

Baie padgebruikers wend hul tot motorfietse om vinniger en goedkoper by die werk op te daag.

Daar is waarskynlik huidig baie meer onervare motorfietsryers op ons paaie wat alreeds uiters gevaarlik is.

Die Matrix Road Safety Foundation waarsku dat motorfietsryers en motoriste meer bewus moet wees van die “blinde kol” rondom voertuie. Dit is uiters belangrik dat ons nie van baan verander voordat ons behoorlik seker maak dat daar nie ander voertuie en veral motorfietsryers in ons “blinde kol” is nie.

Uit ‘n veiligheidsoogpunt is dit ook belangrik dat motorfietsryers altyd die nodige veiligheidtoerusting dra. Motorfietsryers is deeglik bewus van die frase – ATGATT – All The Gear All The Time! Dit is nie net die valhelm wat ‘n noodsaaklikheid is nie , maar ook die regte stewels, kniebeskerming, baadjies ens!

Ons wil besoekers aanmoedig om die volgende skakels in Engels te besoek:

Motorcycle Safety and ATGATT

Blind Spots and Road Safety

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Kommer oor toename in motorfietsongelukke