4×4 Verkope stewig maar hul versekering voldoende?

4x4 Bestuursopleiding

In die lig van die onlangse skerp brandstofprysverhogings wat skokgolwe deur Suid-Afrika stuur, sou mens dink “dorstige” voertuie soos 4×4’s se verkope sal ’n insinking toon. Die teenoorgestelde is eerder waar.

Onlangse statistieke van die nasionale vereniging vir voertuigvervaardigers van Suid-Afrika (Naamsa) wys duidelik 4×4’s maak steeds ’n beduidende deel van die land se 50 topverkoper-voertuie uit. Nie net is 4×4’s veilig, prakties en ruim nie, maar dié voertuie en hul inhoud is ook gesog onder misdadigers. Met dit in gedagte het Virseker, Suid-Afrika se eerste en enigste Afrikaanse korttermyn-versekeraar, dekking ontwerp wat spesifiek op 4×4-eienaars gemik is.

“Ons 4×4-dekking sluit, byvoorbeeld, versekering vir 4×4-bykomstighede tot die waarde van R10 000 in, asook ’n gratis insleepdiens en berging as die 4×4 beskadig is, R5 000 vir mediese uitgawes as die 4×4 se insittendes beseer is, dekking vir ’n selfoonkartoestel, dekking vir die verlies van sleutels of die herprogrammering van die teendiefstal-stelsel, dekking in ’n wye verskeidenheid gewilde 4×4-bestemmings buite Suid-Afrika, noodwiel-dekking en die gratis installering van ’n opsporingstoestel – alles as deel van die polis,” sê Ricardo Coetzee, Virseker-woordvoerder.

Coetzee wys daarop Virseker se 4×4-dekking word tot dusver goed ontvang. Hy skryf dit toe aan die sukses van die vraag-en-aanbod-filosofie.

“Ons is voortdurend op die uitkyk vir nuwe, innoverende versekeringsprodukte en ons 4×4-dekking vul beslis ’n gaping wat deur die veranderende neigings en koopgewoontes geskep word,” sê Coetzee.

Virseker se verbintenis tot 4×4-eienaars strek weier as die bied van ’n pasgemaakte produk; die maatskappy is ook ’n hoofborg van die Buite-ekspo, wat jaarliks in Swellendam en Bela-Bela gehou word, en het ook die LA Sport 4×4-ekspo geborg wat onlangs in Pretoria gehou is.

Op die Arrive Alive webtuiste het ons heelwat inligting oor veiligheid en 4×4 Bestuur.

Besoek gerus die volgende skakels:

4×4 Off-Road Driving Techniques & Safety

4x4 Voertuie op Safari in foto deur Gerhard Steenkamp

Posted on by jonckie

Comments Off on 4×4 Verkope stewig maar hul versekering voldoende?