KKNK bied geleentheid vir gesprek met Kunstenaars

Evette Weyers by die Bottega Kunsgallery

Een van die lekker aspekte van die KKNK op Oudtshoorn is die geleentheid om ook van die Kunstenaars te ontmoet en sommer te gesels met hulle oor hul kunswerke. Nie net die bekende sangers en akteurs kry blootstelling nie, maar ook die kunstenaars in visuele en beeldende kunste.

Ek het hierdie week die geleentheid benut om met van hierdie kunstenaars te gesels oor hul werke en hul belewenis van die fees. Hul is dit eens dat die Kunstefees ‘n belangrike deel van hul uitstallingsskedule is en dat daar ‘n gesonde aanvraag na kunswerke bestaan in Suid Afrika.

Beeldhouwerk van Evette Weyers

Een so ‘n kunstenaar is die die bekende beeldhouer en nou ook skrywer, Evette Weyers. Sy is die eggenote van die alombekende televisie en rolprent akteur Marius Weyers. Evette is vanjaar vir die negende keer genooi om ‘n uitstalling van haar beelde by Bottega kunsgalery in Baron van Reedestraat uit te stal.

Evette Weyers is weereens baie ingenome met die uitstalling by die KKNK en het nie net baie positiewe kommentaar ontvang nie maar die kunswerke is ook spoedig reeds uitverkoop. Sy sê dat elke uitstalling sy eie tema het, maar dat daar soms oorvleueling is. Oor kunstenaars in Suid-Afrika het sy as gevolg gereageer:

” Ons het baie goeie kunstenaars in die land en hulle speel ‘n bewusmakingsrol, soms ‘n uitdagende rol. Hulle hou spieëls op vir ons oorvloed (geestelik / besittings) en vir ons skaarstes (gebrek aan humaniteit, selfsug en materialisme).

Ek was aangenaam verras on te ervaar hoe Evette bereid was om tyd te spandeer en die inspirasie agter baie van die werke te verduidelik.

Evette se uitstalling is daagliks te sien in die tuin agter Bottega-kunsgalery vir die duur van die fees (31 Maart tot 7 April).

Kunsversekering

Oor Kunsversekering besoek ook die volgende skakels in Engels:

How can we stop the increase in theft of art?

I need art insurance but is my art worth insuring?

Is your art insured against pothole damage during transport?

What are the most important questions to ask when insuring art?

Artists at KKNK are aware of the need to insure fine art!

shareshare

Posted on by jonckie

Comments Off on KKNK bied geleentheid vir gesprek met Kunstenaars