Wees bewus van medikasie en stappe om hartversaking te voorkom!

Welke stappe kan geneem word om hartversaking te voorkom of die impak daarvan te verminder? Ek het die afgelope 6 Maart presies 5 jaar gelede onverwags my pa aan die dood afgestaan na ‘n hartaanval. Met dit in my gedagtes wil ek graag in hierdie bespreking kortliks fokus op hartversaking en stappe wat geneem kan word om dit te voorkom of korrek aan te spreek.

KYK MOOI NA JOUSELF

• Moet onder geen omstandighede rook of tabak kou nie. Drink geen alkohol nie. Verloor gewig as jy oorgewig is.
• Bly weg van mense wat verkoue of griep het. (Neem ʼn griepinspuiting elke jaar.)
• Dra ondersteunende kouse om swelling aan jou bene, enkels en voete te voorkom.
• Slaap met ekstra kussings onder jou boonste gedeelte van jou liggaam sodat jy makliker kan asem haal in die nag.
• Bestuur verwante mediese kondisies soos vinnige hartklop, probleme met jou niere en diabetes.

KONTAK JOU DOKTER

Newe-effekte van medikasie kan die volgende insluit:

• Wasige sig.
• Onreëlmatige hartritme.
• ʼn Hartklop wat te vinnig of te stadig is.
• Suisgeluid in die ore.
• Naarheid (ʼn siek gevoel op die maag).

WENKE TEN OPSIGTE VAN MEDIKASIE

• Indien jy enige newe-effekte toon, kontak jou dokter maar moet nie ophou om die medikasie te gebruik nie.
• Hou jou medikasie in ʼn pilhouer gemerk vir elke dag van die week.
• Neem die name van jou medikasie saam wanneer jy die dokter besoek.
• Moet nooit meer of minder medikasie gebruik as wat voorgeskryf is nie.
• Praat eers met jou dokter voor jy enige oor-die-toonbank medikasie neem.
• Maak seker dat jy jou medikasie soos voorgeskryf neem.
• Hernu jou voorskrif vroegtydig.
• Moet nooit medikasie gebruik wat vir iemand anders voorgeskryf is nie.

[Erkenning vir hierdie wenke aan CrisisonCall en inligting verskaf deur AstraZeneca en DisChem]

Wees ook bewus van die newe-effekte van medikasie wanneer jy op die pad gaan. Besoek gerus die volgende skakels:

Medication and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on Wees bewus van medikasie en stappe om hartversaking te voorkom!