Ombudsman maan tot versigtigheid by aankoop van reisversekering

Die Ombudsman het reisigers gemaan om versigtig te wees wanneer hul reisversekering aankoop!

Volgens die Ombudsman vir Korttermynversekering moet reisigers versigtig oorweeg wat aangebied word en wat die skuiwergate mag wees.

Daar is volgens die Ombudsman baie verbruikers wat reeds by die Kantoor van die Ombudsman gekla het dat hulle probleme ondervind het met hul reisversekering. Baie reisigers maak staat op die sogenaamde “gratis reisversekering” wat as ‘n addisionele voordeel aangebied word by die aankoop van ‘n vliegtuigkaartjie in ‘n reispakket of tydens die aankoop van die kaartjie met ‘n kredietkaart.

Daar moet in ag geneem word dat die dekking by hierdie aanbiedings gewoonlik beperk is en heel dikwels nie voldoen aan die verwagtinge van die reisiger nie!

Verbruikers word dus gewaarsku om nie net op hierdie produkte staat te maak vir dekking teen elke moontlike risiko tydens ‘n reis nie.

Die meeste versekeringskontrakte vir reisversekering voorsien dekking op ‘n “versekerbare risiko” en dit beteken dat aanspreeklikheid net ontstaan by die plaasvind van duidelik identifiseerbare risiko’s en selfs in so ‘n geval kan aanspreeklikheid beperk wees afhangende van die oorsaak van die risiko en die vlak van skadeloosstelling aangebied.

‘n Basiese polis vir reisversekering behoort dekking te verleen vir uitgawes met betrekking tot:

-Koste van mediese behandeling en vervoer [“evacuation”]

– Verlore bagasie

– In geval van dood die repatriasie – maar met inagneming dat dekking beperk mag wees.

Verbruikers word aanbeveel om addisionele dekking te verkry ten einde voldoende beskerming te geniet teen onvoorsiene uitgawes wanneer hul reis.

Daar word ook spesifieke aandag verlang met betrekking tot bepalings rakende vertraging van vlugte, diefstal en noodvervoer [emergency evacuation]

“Verbruikers word aangeraai om polisdokumentasie behoorlik te bestudeur en hulself te vergewis van beide die dekking wat verleen word en die stappe benodig wanneer ‘n eis ingedien word” volgens Brian Martin, Ombudsman vir Korrtermynversekering.

Gevolgtrekking

Ons wil lesers graag aanmoedig om die Arrive Alive webtuiste te besoek vir ‘n volledige oorsig oor reisversekering.

Besoek hierdie skakel in Engels:

Travel Insurance and Safety for Travellers

Op ‘n ligter noot – iets waarteen jy jou waarskynlik nie sal kan verseker nie is, is die reisiger wat langs jou mag sit!

Posted on by jonckie

Comments Off on Ombudsman maan tot versigtigheid by aankoop van reisversekering