Nuwe LLumar-waarmerk verseker jy kry die ware Jakob

Kopers van LLumar-veiligheidsfilm kan hulle voortaan daarvan vergewis dat hulle die ware Jakob geïnstalleer het deur die waarmerk op die film na te gaan wanneer hulle die voertuig na afhandeling in ontvangs neem.

Getinte LLumar-veiligheidsfilm in diktes van 100 and 150 mikron word voortaan met ‘n “LLumar”-waarmerk op die filmoppervlak vervaardig. Verbruikers kan dus gerus wees dat hulle die ware Jakob ontvang.

Richard Burton, ‘n direkteur van LLumar Films South Africa, sê dit het tevore gebeur dat mense onder die indruk is dat hulle LLumar koop, terwyl dit in werklikheid ‘n plaasvervanger is.

“LLumar is wêreldwyd bekend daarvoor dat hulle gehalte kompromisloos nastreef.”

Nuwe inkstraal-tegnologie is op die produksielyn in die VSA geïnstalleer, wat die film in die produksieproses waarmerk om die egtheid daarvan te bevestig.

“Die onopvallende waarmerk bevestig aan verbruikers dat dit wel LLumar is wat hul vensters beskerm. Die waarmerk kan eenvoudig met ‘n sagte lap en brandspiritus verwyder word, nadat hulle hul van die egtheid van die film vergewis het.”

LLumar-veiligheidsfilm word professioneel deur LLumar-opgeleide installeerders aangebring by gemagtigde installeersentra dwarsoor Suid-Afrika.
Burton het ‘n oproep op verbruikers gedoen om op die uitkyk vir die LLumar-waarmerk te wees om die egtheid van die bepaalde film te bevestig.

Meer oor LLumar:

LLumar Films is die Suider-Afrikaanse verspreider van LLumar-vensterfilm en verwante produkte van Solutia Inc. Die maatskappy is deel van die PG Group en verskaf films vir die motor- en boubedryf met toepassings vir veiligheid en sekuriteit, sonbeheer, energiebesparing, UV-beskerming, privaatheid en versiering.

Posted on by jonckie

Comments Off on Nuwe LLumar-waarmerk verseker jy kry die ware Jakob