Wat is reismonitering en hoe kan dit my help in ‘n noodsituasie?

Gisteraand tydens ‘n advertensie op televisie het ‘n bekende versekeringsmaatskappy vir vroue bestuurders ‘n “trip monitor” voordeel adverteer.

Dit is nie net versekeringsmaatskappye wat hierdie bystandsvoordeel aanbied nie, en ek het besluit om by my vriende van CrisisOnCall aan te klop en bietjie te verneem wat reismonitering behels en om dit te verduidelik aan die hand van ‘n voorbeeld.

CRISISONCALL MAAK ‘n VERSKIL

CrisisOnCall bied daardie dienste wat mens hoop jy nooit nodig sal kry nie. Tog, in die werklikheid waarin ons leef, gebruik lede die diens daagliks. Een van ons dienste wat baie gebruik word, is  reismonitering.

Dit is daardie diens waar ons die reisende persoon gereeld skakel om te verneem of sy reis nog voorspoedig verloop. Ons dra ook inligting oor die reis, soos waar die persoon hom bevind, om vinnig te kan help sou die noodlot toeslaan.

Voorbeeld van Reismonitering

Abie en  Betsie Oosthuizen skryf die volgende:

“Ons het om 22:30 op 1 Januarie 2012 uit Jefferysbaai vertrek terug na Pretoria.  Ek het reismonitering gevra. Wayne het ons daarna elke uur gemonitor.  Ons was ongeveer 1uur die oggend so vier kilometer vanaf Jansenville toe ‘n groot kudubul voor ons motor ingespring het.   Die kar is baie erg beskadig en my man was aanvanklik bewusteloos.

Eerste wat ek toe dink was om CrisisOnCall te kontak.  Terwyl ek besig was met die een telefoon het Wayne op die ander foon geskakel met reismonitering. Ek het hom meegedeel wat gebeur het.  Hy het gesê ek moet alles vir hom los hy sal die polisie en die ambulans kontak wat hy toe ook gedoen het.   Terwyl ek vir die ambulans en die polisie gewag het, het CrisisOnCall my telkemale gekontak om te hoor of alles reg is en of die ambulans en polisie al daar is.

’n Kort rukkie daarna het die ambulans en die polisie opgedaag.  Wayne het steeds deurlopend met my in verbinding gebly.  Die ambulans het toe my man eers na Jansenville se hospitaal geneem en daarna is hy oorgeplaas na Green Acres Hospitaal in Port Elizabeth.   Wayne het my nog steeds gekontak totdat ek in die hospitaal by my man in Jansenville was om te hoor of ek veilig is en of my man opgeneem is en wat die verdere verwikkelinge gaan wees.

Ek wil graag van my kant af weereens vir Wayne hartlik bedank vir sy flinke optrede asook die wyse waarop hy my bygestaan het.   Baie dankie vir CrisisOnCall asook vir die span wat betrokke was. Sonder julle is ‘n mens gestrand, veral in die donker en in die vreemde.  Die Here seën julle.”

Hierdie is een van die drie unieke dienste wat CrisisOnCall aan sy lede bied. Ons krisislyn en identifikasiestelsel het ook al die afgelope byna tien jaar ʼn groot verskil in mense se lewens gemaak. Volgende keer meer daaroor.

Die dienste word deur middel van diensverskaffers landswyd aangebied. Besoek gerus ons webwerf by www.crisisoncall.co.za vir meer inligting. (Bemarkingskantoor tel: 0861 57 47 47)

Besoek ook die volgende skakel in Engels:

CrisisOnCall , Emergency Roadside Assistance and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat is reismonitering en hoe kan dit my help in ‘n noodsituasie?