Rus is die beste versekering teen bestuurder moegheid!

Dit wil voorkom asof moegheid onder bestuurders een van die vernaamste oorsake was van padsterftes gedurende Desember 2011.  Statistieke oor ongelukke toon aan dat dit veral die bestuurders van minibus taxis was wat dikwels die onverskillige bestuurders was deur te bestuur wanneer hul nie meer oor die nodige konsentrasie op die pad beskik nie! Hierdie minibus taxis het tot veelvuldige sterftes gelei.

Moegheid is nie net in Suid-Afrika ‘n probleem nie en word ook aangespreek elders in terme soos “driver fatigue”, “driver tiredness” en “drowsiness”. Die AA toon aan dat dit veral jong mans is wat hulself te ver druk agter die stuurwiel!

Wat is mikro –slaap?

Dit is interessant om daarop te let dat bestuurder moegheid nie noodwendig meebring dat jy fisies aan die slaap raak nie. Daar word ook soms na verwys as “mikro –slaap” waar jou konsentrasie verslap en jy in en uit bewustheid dwaal selfs met jou oë oop. Wanneer jy dan vir 3 sekondes wegdwaal bestuur jy maklik ‘n afstand van 100m of die lengte van ‘n rugbyveld!

Photo by Barry Jacobsz

Simptome om voor uit te kyk sluit in:

  • Bestuurder wat voortdurend gaap
  • Gereelde knip van die oë
  • Stryd om oë oop te hou
  • Stryd om gefokus te bly op die pad
  • Dagdromery
  • Gereelde vryf van die oë
  • Dwaal oor bane op die pad
  • Sukkel om laaste paar km te onthou
  • Verwronge beeld/ visie
  • Gevoel van swaarheid van ledemate
  • Verlaagde reaksie
  • Verveeldheid en onrustigheid
  • Aan die slaap raak agter die stuurwiel

 

Hoe kan ons moegheid by bestuurders voorkom?

  • Maak seker dat jy voldoende slaap voordat jy met jou rit begin.
  • Maak seker en bevestig met jou dokter of enige van die medisyme wat jy gebruik mag lei tot moegheid en waarvoor jy versigtig moet wees.
  • Wees versigtig vir groot maaltye en alkohol voordat jy ‘n lang reis onderneem.
  • Beplan jou roete vooraf en waar jy wil ‘n ruskans neem op die pad.
  • Ons beveel aan dat jy elke 2 ure ‘n ruskansie neem van ten minste 20 minute.
  • Wanneer jy stop, klim uit en strek bietje jou bene deur ‘n draai te loop.
  • Jy mag ook baat vind by die neem van ‘n koffie of energie drankie.

 

Wat is die mites oor bestuurder moegheid?

Bestuurders gebruik dikwels die volgende metodes wat oneffektief is om te veg teen die liggaam se biologiese klok:

  • Bestuur met ‘n oop venster
  • Aanskakel van die lugreëling
  • Luister na die radio
  • Suig aan ‘n lekker of kou aan kougom
  • Sing luidkeels
  • Intensiewe pogings om harder te konsentreer

Besoek gerus ook die volgende skakels in Engels oor bestuurder moegheid:

Vind liefs 'n veilige Rusplek!

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Rus is die beste versekering teen bestuurder moegheid!