Wat sal jou oortuig om veiliger te bestuur?

 

Terwyl talle van ons lekker by die see ontspan is daar honderde families wat hierdie kerstyd sonder ‘n geliefde is. Die jongste ongelukstatistieke toon dat daar reeds meer as 710 sterftes op die paaie plaasgevind het. Dit het gebeur ten spyte van baie versoeke om veilig te bestuur en duisende verkeersbeamptes op ons paaie.

Dit is skrikwekkend om te hoor dat 3,957 onpadwaardige voertuie reeds sedert 1 December van die pad verwyder is, en dit bring dadelik die vraag “Hoeveel onpadwaardige voertuie en ongelisensieerde bestuurders is daar nie nog op die pad nie?”

Vanessa Jackson van ER24 by kinders in Sandton Medi-Clinic

Waarde van Lewe of Gevolge van Onverskillige Bestuur?

‘n Vraag wat dikwels gestel word is of ons die regte metodes gebruik in die bewusmakingsveldtogte oor padveiligheid? Moet ons fokus op die waarde van lewe of moet ons afskrikkingstaktiek gebruik?

Watter metode is die suksesvolste en kan juis werk in Suid-Afrika? Hierdie onderwerp is deeglik bespreek in ander blogs en webwerwe en ons het dikwels die vraag gestel of ons grusame ongeluksfotos moet gebruik.

Die Wes –Kaap se eie Arrive Alive inisiatief met die naam “Safely Home” het ook gebruik gemaak van videos om die werklikheid van ongelukke en hoe vining dit gebeur te illustreer aan motoriste!

Tydens ‘n program op Radio sonder Grense het ‘n persoon ook aanbeveel dat daar motorwrakke op strategiese plekke geplaas word om mense te herinner aan die gevare op die pad!

‘n Besoeker aan die Arrive Alive padveiligheidswebwerf het ‘n skakel gestuur na ‘n baie reguit en treffende veldtog in Australië en ons wil dit graag hier ook deel:

Besoek gerus ook die volgende skakel:

Should we use photos of horror crashes in Road Safety Campaigns?

Vir “Lewendige Verkeer” op jou roete  TomTom Route Planner

Vir weervoorspelling op die pad: Mapservice

Besoek ook:

Road Safety Tips for the Festive Season

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat sal jou oortuig om veiliger te bestuur?