Waak teen diefstal van Kersgeskenke uit voertuie!!

Met kerstyd word familie en vriende bederf met allerlei Kersgeskenke. Dit is ook nie meer soos in die ou dae net ‘n paar sokkies en onderbroeke van ouma wat in Kerspapier toegedraai word nie…

Deesdae kry ons luukse items en allerlei elektroniese en kommunikasie toestelle! Dit sluit in skootrekenaars, selfone,iPods, tablette soos die iPad ens.

Dit is egter dom om tydens hierdie tyd van gee en neem nie te besef dat kriminele ook die geleentheid sien om te neem nie. Tydens al die drukkies en deel van vreugde is ons dikwels agterlosig wat betref die beskerming van ons Kersgeskenke en word dit dikwels binne bereik van kriminele in ons voertuie gelaat!

Dit is uiters belangrik om te besef dat versekeraars, selfs al is hierdie items verseker, dalk nie dekking mag verleen nie!

Diefstal uit “toesiglose” voertuie

In Engels word dikwels verwys na diefstal uit “unattended vehicles”. Diefstal uit hierdie voetuie is problematies vir die versekerde kliënt en ek wil dit graag uitlig aan die hand van ‘n werklike geval wat na die Ombudsman verwys is:

Voorbeeld:

Die versekerde was die eienaar van ‘n Colt Rodeo dubbelkajuit bakkie. Op Donderdagaand die 18de September 2003 teen ongeveer 18h10 het hy sy voertuig parkeeer op North Ridge Road, Durban en besluit om sy skootrekenaar te plaas buite sig agter die agtersitplek. ‘n Sekuriteitswag was in die omgewing en het toesig gehou oor die Colt Rodeo en nog 3 ander voertuie.

Ongeveer 12 minute later het 2 mans in ‘n wit Citi Golf in die parkeerarea ingery en parkeer agter die Colt. Een persoon het uitgeklim en na bewering die sekuriteitswag met sy lewe gedreig. Hy het daarna ingebreuk deur die agterste venster van die Colt en die skootrekenaar geneem. Daarna het hy teruggespring in die Citi Golf en met spoed daar weggejaag.

Die versekeraar wou nie die eis ten opsigte van die gesteelde skootrekenaar betaal nie en het verwys na die volgende bepaling in die versekeringspolis:

“We will not pay for loss by theft of any Laptop, Palmtop, Notebook or similar portable computer from any unattended motor vehicle or office.”

Beslissing van die Ombud

Die Ombudsman het saamgestem met die versekeraar dat ‘n “attended vehicle”  vertolk moet word as die geval waar daar nie ‘n bestuurder of passasier in die voertuig aanwesig is nie. In die lig van die duidelike terme vervat in die poliskontrak is beslis dat die versekeraar korrek was in die besluit om die eis van die hand te wys.

Bron: Ombudsman Jaarverslag 2004

Gevolgtrekking en Advies:

Dit is uiters belangrik om versigtig te wees in die beskerming van bates en veral ons Kersgeskenke! Nie net is ons meer sorgeloos in hierdie tyd en minder versigtig met versekerde items nie, maar hierdie items word meestal eers by ons polisse bygevoeg in die nuwe jaar!

Maak seker dat jy fyn oplet waar jou jy Kersgeskenke wegbêre hierdie feestyd en onthou dat die motor die verkeerde plek daarvoor is!

Hierdie is ‘n tyd van gee en ontvang – en as jy nie vir die kriminele tussen ons sommer net wil gee nie- wees versigtig!

Mag jy en jou vriende en familie ‘n Geseënde Kerstyd geniet!!

Besoek gerus die volgende skakels in Engels:

How do I find the best insurance for my laptop, iPhone and smartphone?

Do I need to purchase insurance cover for my laptop, IPad or tablet?

Posted on by jonckie

Comments Off on Waak teen diefstal van Kersgeskenke uit voertuie!!