Lewensversekering is nie maar net vir die onverskilliges nie!

Werkers onverskillig sonder harnasse besig om 'n skuur te bou

Ons praat nie graag oor die dood of die gevolge van dood in die familie nie. Dit is veral hierdie tyd van die jaar wat families bymekaarkom wat ons liefs fokus op die mooi dinge in die lewe. Wanneer ons egter die koerante oopmaak is dit die tragiese sterftes wat ons nie verby kan kyk nie.

So baie van hierdie ongelukke is fratsongelukke. Net gister en vandag het ons gelees van ‘n vrou wat van ‘n duinebord geval het en dood is, 2 jong broers wat in die Vaalrivier verdrink het na hul kano omgeslaan het ens.

Dit is egter die slagting op die paaie wat die meeste publisiteit geniet in die nuus op televisie, radio en die internet. Dit is hierdie ongelukke waarna ons dikwels eerder as botsings moet verwys en wat veroorsaak word hoofsaaklik deur onverskilligheid en wetteloosheid!

My vriend Ashref Ismail van die Padbestuurskorporasie het op televisie gesê dat dit baie keer neerkom op ‘n 80/20 persent beginsel – 20% van die bestuurders is verantwoordelik vir 80% van die probleem. Dit is hierdie onverskillige mense wat ander wetsgehoorsame padgebruikers se lewe in gevaar stel met hulle wettelose en roekelose gedrag!

Foto geneem deur Werner Vermaak tydens Kinder Beskermingsweek

Wat gebeur met jou geliefdes na ‘n ongeluk?

Die vraag wat altyd by my opkom is die wat gebeur met die naasbestaandes en geliefdes wat agterbly? Is daar vir hul voorsiening gemaak?

Dit is ongelukkig so dat min mense buite ‘n moontlike pensioenfonds by die werk voorsiening het in die geval van afsterwe. Data en navorsing toon ook dat baie werkgewers nie daardie voorsiening bied nie, en uiteindelik is dit familie wat moet inspring en help met die bietjies finansiële hulp wat hul kan bied.

In hierdie finansiële omgewing is dit vir meeste van ons moeilik om self kop bo water te hou – die moontlikheid van addisionele  finansiële bystand aan ‘n broer, suster of ouer is amper ondenklik…

Dit is nie net families en geliefdes wat in gevaar is nie, maar ook besigheidsvennote, werknemers en hul families. Waar daar onvoldoende voorsiening is in die vorm van sleutelpersoonversekering is dit moontlik dat die vermoë om voort te gaan met ‘n besigheid ernstig bedreig word. Baie kleiner besighede is direk afhankilik van die vermoëns van ‘n spesifieke sleuteleienaar, en indien daardie eienaar nie daar is om voort te gaan en die kapitaal beskikbaar is om tussentydse maatreëls daar te stel of ‘n plaasvervanger te vind nie, is dit ook die werksekuriteit van ander werknemers wat in gedrang kom…

Op Gesels Versekering wil ons graag in 2012 die klem plaas op die belangrikheid van lewens en ander versekering om te verseker dat daar ‘n groter bewustheid bestaan ten opsigte van voorsiening in die geval van dood, ongeskiktheid en ander tragiese gebeurtenisse.

Dit is nie maar net goed genoeg om self versigtig te wees hoe jy jou lewe lei nie. Al is ons hoe gesondheidsbewus en bestuur ons hoe versigtig is daar skielike onvoorsiene gebeurtenisse wat meer as net ons eie lewens omver kan werp!!

Die realiteit van ongelukke en naasbestaandes wat agterbly

Posted on by jonckie

Comments Off on Lewensversekering is nie maar net vir die onverskilliges nie!