Hoe kan Hoë Definisie Lewendige Verkeer my help met Roete Beplanning?

Dit is interessant om te sien hoeveel besoekers aan die Arrive Alive webwerf op soek is na inligting oor ‘’Route Planning”/ roete beplanning. Daar is geen twyfel dat oponthoude en verkeersknope motoriste frustreer en dat hul voortdurend op soek is na inligting oor wat op die roetes gebeur en waar hul moontlik alternatiewe roetes kan volg.

Op die sosiale media skakels soos Facebook en Twitter word motoriste deur verskeie ander verbruikers en op baie bladsye gewaarsku teen ongelukke op paaie en waar moontlike oponthoude mag voorkom. Die probleem is egter dat baie van hierdie inligting geplaas word ‘n tydjie na dit gebeur het en dit is moeilik om bevestiging te kry dat dit vars inligting is.

Dit is egter wel moontlik om vars inligting te bekom indien jy in besit is van ‘n modern GPS navigasie toestel. Hierdie moderne toestelle is ook nie meer net beskikbaar as alleenstaande toestelle nie –maar ook as applikasies op die sogenaamde slim selfone, iPads ens.

Lewendige Verkeer in Hoë Definisie

Wanneer ‘n koper van ‘n GPS navigasie toestel navraag doen sal hy sien dat die beste toestelle verskyn met die woorde “HD Live Traffic”. Dit is hierdie toestel wat die akkuraatste is om die gebruiker te help om die beste roete te vind in besige verkeer.

TomTom is ongetwyfeld die leiers in hierdie tegnologie. Aan die einde van 2011 het reeds meer as 1.5 miljoen mense wêreldwyd gebruik gemaak van die “TomTom LIVE Services” – en dit sluit in hierdie TomTom HD verkeer. Aan die begin van die jaar was daar 690,000 gebruikers en dit is aanduidend van die sterk toename en behoefte aan hierdie tegnologie.

Hoe werk Lewendige Verkeer in Hoë Definisie?

TomTom HD Verkeer maak gebruik van ‘n rewolusionêre nuwe bron van verkeersinligting: die verkeersvloei van tot 80 miljoen annonieme selfone wêreldwyd en 1 miljoen gekonnekteerde TomTom navigasie toestelle!

Deur hierdie annonieme data weet TomTom presies waar, in watter rigting en teen watter spoed hierdie gebruikers van mobiele tegnologie beweeg deur die padnetwerk. Hierdie “lewendige data” word dan verwerk saam met ander bestaande bronne van verkeersinligting en die resultaat is die mees volledige en betroubare verkeersinligting!

Hierdie video verduidelik Hoë Definisie Lewendige Verkeer:

Hoe kan hierdie tegnologie die padgebruiker help?

TomTom gebruik hierdie HD Verkeersinligting om die vinnigte roete na jou bestemming aan te toon. Hierdie dinamiese roete aanwysing neem in ag deurlopende aanpassings soos moontlik veroorsaak deur verkeersknope op die roete wat jy bestuur.

Belangrikheid van Hoë Definisie Verkeer vir Versekering

Die gebruiker van HD Verkeer help die gebruiker om meer as net tyd en brandstof te bespaar! Deur verkeersknope en frustrasie te omseil kan hy moontlik ook onnnodige voertuigskade voorkom waar soveel voertuie in nabyheid beweeg en bestuurders dikwels bestuur met hul aandag op die ongelukstoneel eerder as op die voertuig voor hulle!

Vir Verkeer en Weervoorspelling op jou roete besoek: Mapservice

Besoek ook:

Road Safety Tips for the Festive Season

Posted on by jonckie

Comments Off on Hoe kan Hoë Definisie Lewendige Verkeer my help met Roete Beplanning?