Lexus SA bevestig koms van splinternuwe ES 250

  Lexus ES 250 sal by Johannesburgse Internasionale Motorskou onthul word Skep nuwe ‘toeganklike’ weeldesegment Lexus Suid-Afrika het bevestig dat dié weeldefabrikaat sy modelreeks plaaslik gaan uitbrei deur die splinternuwe ES 250 in November 2013 by sy Lexus-modelreeks te voeg. Die Johannesburgse Internasionale Motorskou sal heel gepas die eerste openbare uitstappie vir die nuwe model […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Lexus SA bevestig koms van splinternuwe ES 250

Castrol Toyota die groot gunstelinge in veldtydrenreeks

Die stryd om die algehele oorwinning in die Donaldson-veldtydrenkampioenskap verhoog Vrydag en Saterdag aansienlik in die voorlaaste ronde, die Ford-handelaars-400 in Thaba Nchu in die Vrystaat, waar die Castrol-Toyota-span die groot gunstelinge is. Die kampioenskapsvoorlopers, Anthony Taylor en Dennis Murphy, wat die laaste vier rondes agtereenvolgens gewen het, en hul spanmaats, die verdedigende kampioene Duncan Vos […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Castrol Toyota die groot gunstelinge in veldtydrenreeks

Koop Pienk teen Borskanker

As jy ’n stel pienk klepdoppies vir R50 by jou naaste Supa Quick-handelaar koop, sal Bridgestone die hele bedrag aan die PinkDrive-borskankerinisiatief skenk om borskanker te help bestry. Dít is die nuus van dié bekende bandevervaardiger, wat reeds met PinkDrive saamwerk deur bande vir hul vloot mobiele mammografie- en onderrigeenhede te voorsien. “Die pienk klepdoppies […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Koop Pienk teen Borskanker

Toyota as waardevolste handelnaam in voertuigafdeling herkies

Toyota se handelsnaamwaarde het die afgelope jaar met 17% gestyg en is weereens bo-aan die lys in die voertuigafdeling van die 2013-verslag van Interbrand se Beste Wêreldhandelsname, en behou daarmee sy Top 10-posisie wat hy verlede jaar beklee het. Die waarde van Toyota se handelsnaam word nou op 35 346 miljoen Amerikaanse dollar ($35 miljard) […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota as waardevolste handelnaam in voertuigafdeling herkies

Staking kniehalter groei in motorverkope

  Toyota behou gewildheid te midde van daling in voertuig-aflewerings Motorverhuringsverkope gee mark ’n hupstootjie Voertuiguitvoer daal skerp Marksegment September 2012 September 2013 %-verandering Passasiersvoertuie 39 489 39 792 +0.8% Ligte handelsvoertuie 13 283 12 014 -9.6% Medium handelsvoertuie 778 886 +13.9% Swaar handelsvoertuie 469 462 -1.5% Ekstraswaar handelsvoertuie 1 011 1 033 +2.2% Busse […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Staking kniehalter groei in motorverkope

Jeep steek Rubicon in Bridgestone-Uitdaging oor

Jeeps is dié soort veldryvoertuie wat oor of deur omtrent enigiets waarheen ’n mens die neus draai, sal kruip. Die onlangse Bridgestone-4×4-klubuitdaging, wat deur die Jeep-klub SA aangebied is, het ’n groot aantal Jeep-eienaars die geleentheid gegee om hierdie teorie te beproef en om ’n podiumposisie en ’n plek in die eindronde van die 4×4-klub-uitdaging […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Jeep steek Rubicon in Bridgestone-Uitdaging oor

Tyd om blink te vryf en uit te stal – Toyota en Lexus by die Johannesburgse Internasionale Motorskou 2013

Die aftelling na die 2013-Johannesburgse Internasionale Motorskou het begin, en Suid-Afrika se voorste fabrikaat sal ouder gewoonte die pas aangee met een van die grootste uitstallings en die grootste teenwoordigheid wat Toyota nog op die skou gehad het. Kerry Roodt, Toyota SA Motors se Hoofbestuurder van Bemarkingskommunikasie, het dit só gestel: “Toyota het ’n puik […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Tyd om blink te vryf en uit te stal – Toyota en Lexus by die Johannesburgse Internasionale Motorskou 2013

Bloemfontein verras met stand van bande – Bridgestone

Bande van Bloemfontein se voertuie is naby aan die bopunt van Bridgestone se reeks openbare peilings wat banddruk en toestand betref. Dít blyk uit die jongste bande-peiling, wat op 24 Augustus in die parkeerterrein van die Suidelike Sentrum-Pick n Pay gedoen is. “Hoewel Bloemfontein se bestuurders nie dieselfde rekord-hoogtepunt van dié in die Centurion-peiling vroeër […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bloemfontein verras met stand van bande – Bridgestone

Castrol Toyota – Renspan skuif al nader aan tweede agtereenvolgende veldrenkampioenskap

    Anthony Taylor/Dennis Murphy (Toyota Hilux) 1e algeheel en 1e in Klas SP Duncan Vos/Rob Howie (Toyota Hilux) 2e algeheel en 2e in Klas  SP Johan en Werner Horn (Toyota Land Cruiser) 1st in Klas  D Toyota wen vervaardigersprys   Anthony Taylor en Dennis Murphy (Klas SP-Castrol-Toyota Hilux) het hul vierde agtereenvolgende oorwinning in […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Castrol Toyota – Renspan skuif al nader aan tweede agtereenvolgende veldrenkampioenskap

Eerste foto’s van Toyota se wilde eko-vegter, die Yaris R-hibried

Toyota het ons verrigtingsverbeelding ’n paar dae gelede geprikkel met ’n paar tergfoto’s van die komende Yaris R-hibried-konsepmodel, wat sy wêreldbuiging by aanstaande week se Frankfurtse Motorskou sal maak. Hierdie super-blitsbuks is nou die heel eerste keer in sy volle ‘groen’ glorie te sien. Net om jou te herinner: hier is ’n paar van die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Eerste foto’s van Toyota se wilde eko-vegter, die Yaris R-hibried