Poulter en Howie derde in sneltrajek 3 in Dakar- Veldtydren

Leeroy Poulter se indrukwekkende begin in sy eerste Dakar-veldtydren het Dinsdag in Argentinië voortgeduur toe hy en sy navigator, Rob Howie, die rengedeelte in die 3e sneltrajek tussen San Luis en San Juan in die derde plek in hul Toyota Imperial Hilux voltooi en hul algehele posisie tot 10e verbeter het. Hulle het ’n tyd […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Poulter en Howie derde in sneltrajek 3 in Dakar- Veldtydren

Toyota behou kroon as Suid-Afrika se gunsteling motor

  Toyotabehou sy posisie as markleier vir die 34e agtereenvolgende jaar Toyotase markaandeel styg die derde jaar ná mekaar Stakings en ander onderbrekings in die voertuigbedryf kniehalter groei vir die volle jaar Voertuig-uitvoer toon effense herstel Marksegment Hele 2012 Hele 2013 %-verandering Passasiersvoertuie 442 604 450 440 +1,8% Ligte handelsvoertuie 160 174 169 234 +5,7% […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota behou kroon as Suid-Afrika se gunsteling motor

De Villiers en Von Zitzewitz sesde algeheel na derde in sneltrajek 2 van Dakar -Veldtydren

Giniel de Villiers en Dirk von Zitzewitz het op ’n dag dat die Dakar-veldtydren sy tande begin wys en verskeie voorjaers in die moeilikheid beland het, gewys waarom hulle as een van die topspanne in wêreld-veldtydrenne beskou word. Hulle het hul Toyota Imperial Hilux Maandag – nadat hulle Sondag 27e geëindig het – in die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on De Villiers en Von Zitzewitz sesde algeheel na derde in sneltrajek 2 van Dakar -Veldtydren

Poulter maak skitterbuiging op eerste dag in Dakar-Veldtydren

Leeroy Poulter het Sondag die beste moontlike wegspring in sy eerste Dakar-veldtydren gehad toe hy en sy navigator, Rob Howie, wat in sy derde Dakar jaag, hul Toyota Imperial Hilux #323 in die negende plek oor die eindstreep gestuur het. Dit was die eerste dag van die 36e weergawe van die wêreld se langste en […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Poulter maak skitterbuiging op eerste dag in Dakar-Veldtydren

Bridgestone stel bandeveiligheidswenke bekend

Bridgestone het kort ná sy 2013-bandepeilingseisoen, waarin nuwe rekords opgestel het, ’n lys van sy belangrikste bandeveiligheidswenke bekend gestel. Dié wenke is gegrond op die terugvoer van Bridgestone se bandespesialiste wat die peilings uitgevoer het. Meer as 6 000 bande is vanjaar regdeur Suid-Afrika vir skade, loopvlakdiepte en banddruk ondersoek. Die voorkoms van onpaar bande aan […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bridgestone stel bandeveiligheidswenke bekend

Toyota Motorsport pak vir Argentinië – ‘n Stryd teen tyd!!

Toyota Motorsport Suid-Afrika is midde ’n stryd van ’n ander aard terwyl die pasgekroonde nuwe Suid-Afrikaanse veldtydrenkampioene besig is met die reuse-taak om ’n stuk of ses ton se toerusting en onderdele vir die 2014-Dakar-veldtydren wat in Januarie in Suid-Amerika afskop, te verpak. Dit is ’n stryd teen tyd en die spertyd is oor net […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Motorsport pak vir Argentinië – ‘n Stryd teen tyd!!

Toyota Suid-Afrika Motors betreur die afsterwe van Nelson Rolihlala Mandela

Toyota Suid-Afrika Motors betreur die afsterwe van Suid-Afrika se eerste demokratiese president en vader van die Reënboognasie. Mnr. Mandela sal vir baie dinge onthou word, en Toyota sal sy bydrae om Suid-Afrika vir die wêreld te open, koester. Suid-Afrika het sy stem onder sy wakende oog, en dié van daaropvolgende regerings, hoorbaar gemaak en van […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Suid-Afrika Motors betreur die afsterwe van Nelson Rolihlala Mandela

Tuis in Afrika – Dramatiese nuwe voorkoms vir legendariese Prado

• Dramatiese nuwe voorkoms vir legendariese Prado • Intelligente binneruim met bykomende praktiese toerusting • Veranderinge onder die dop – veringverfynings en bykomende veiligheidstoerusting Toyota se legendariese Land Cruiser Prado het ’n gedaanteverwisseling vir die 2014-modeljaar ondergaan, en pronk nou met bondiger buitestilering, ’n meer verfynde binneruim en selfs nóg beter hantering. Die veranderinge aan die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Tuis in Afrika – Dramatiese nuwe voorkoms vir legendariese Prado

Bridgestone-klubuitdaging ’n eindstryd met ’n verskil!

Die eindronde van die 2013-Bridgestone-4×4-klubuitdaging het tot ’n veeleisende stryd tussen die 30 topspanne by die Gerotek-voertuigtoetsgeriewe naby Pretoria gelei. Niks kon die deelnemers egter voorberei op dít wat die organiseerders in die mou gevoer het nie! Dit was amper soos in die feëverhaaltjie met die spieëltjie-spieëltjie-aan-wand-vraag: watter fabrikaat 4×4 is werklik beter as die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bridgestone-klubuitdaging ’n eindstryd met ’n verskil!

‘n Kamera op die paneelbord kan help in ‘n twis oor wie die ongeluk veroorsaak!

‘n Besoeker aan die Arrive Alive webwerf het die afgelope week die volgende boodskap gestuur: “Ek sien basies daagliks voertuie wat op sperstrepe verbygaan, oor rooi robotte doodluiters ry, Polisie en Metro wat hul magte misbruik op die pad, ens ens. Kry mens ‘n bekostigbare kamera wat op die motor se “dash board” geplaas kan […]

Posted on by jonckie

Comments Off on ‘n Kamera op die paneelbord kan help in ‘n twis oor wie die ongeluk veroorsaak!