Lexus by die Johannesburgse Internasionale Motorskou

  ES 250 die eerste keer in die openbaar gewys LFA-Supermotor ook te sien Opkikkering vir RX-reeks Lexus het al sy modelle met kenmerkende lyne en stileringsveranderings hersien, waarvan die uurglasrooster en kenmerkende kop- en stertligte die opvallendste is. Hierdie ontwerpverbintenis word in die Lexus-tentoonstelling by vanjaar se Johannesburgse Internasionale Motorskou (JMS) weerspieël. Die tentoonstelling […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Lexus by die Johannesburgse Internasionale Motorskou

Toyota in die kollig op Johannesburgse Internasionale Motorskou [JMS]

  Nuwe Corolla maak SA buiging Nuwe Etios Sport beperkte weergawe Nuwe bykomstighede vir Toyota 86 Opkikkerings vir 2014-Hilux Verfrisde 2014-Fortuner Radikale nuwe voorkoms vir 2014-Prado   Toyota keer terug na die Johannesburgse Internasionale Motorskou (JMS) met ’n oorspronklike uitstalling wat deur origami aangespoor is en met golfontwerpelemente in pas met die fabrikaat se nuwe […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota in die kollig op Johannesburgse Internasionale Motorskou [JMS]

Yaris bied stewige uitdaging in Polokwane Tydren

Die Castrol-Toyota-renspan sal ná sy indrukwekkende vertoning in die onlangse Toyota-Kaap-handelaarstydren die krane hierdie naweek in die Polokwane-tydren in die Limpopo-provinsie behoorlik oopdraai. Johnny Gemmell en Carolyn Swan het in dié Wes-Kaapse byeenkoms tot net 1,8 sekondes van die span se eerste oorwinning in die nuwe vierwielaangedrewe 2013-Yaris S2000 gevorder. Hulle en hul spanmaats Leeroy […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Yaris bied stewige uitdaging in Polokwane Tydren

Castrol Toyota die groot gunstelinge in veldtydrenreeks

Die stryd om die algehele oorwinning in die Donaldson-veldtydrenkampioenskap verhoog Vrydag en Saterdag aansienlik in die voorlaaste ronde, die Ford-handelaars-400 in Thaba Nchu in die Vrystaat, waar die Castrol-Toyota-span die groot gunstelinge is. Die kampioenskapsvoorlopers, Anthony Taylor en Dennis Murphy, wat die laaste vier rondes agtereenvolgens gewen het, en hul spanmaats, die verdedigende kampioene Duncan Vos […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Castrol Toyota die groot gunstelinge in veldtydrenreeks

Koop Pienk teen Borskanker

As jy ’n stel pienk klepdoppies vir R50 by jou naaste Supa Quick-handelaar koop, sal Bridgestone die hele bedrag aan die PinkDrive-borskankerinisiatief skenk om borskanker te help bestry. Dít is die nuus van dié bekende bandevervaardiger, wat reeds met PinkDrive saamwerk deur bande vir hul vloot mobiele mammografie- en onderrigeenhede te voorsien. “Die pienk klepdoppies […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Koop Pienk teen Borskanker

Staking kniehalter groei in motorverkope

  Toyota behou gewildheid te midde van daling in voertuig-aflewerings Motorverhuringsverkope gee mark ’n hupstootjie Voertuiguitvoer daal skerp Marksegment September 2012 September 2013 %-verandering Passasiersvoertuie 39 489 39 792 +0.8% Ligte handelsvoertuie 13 283 12 014 -9.6% Medium handelsvoertuie 778 886 +13.9% Swaar handelsvoertuie 469 462 -1.5% Ekstraswaar handelsvoertuie 1 011 1 033 +2.2% Busse […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Staking kniehalter groei in motorverkope

Dink voor jy bestuur aan al die gevare en wat gaan gebeur tydens ‘n botsing!

Voor die aanvang van die Formule 1 wedren in Singapoer gister was daar ‘n blik op ‘n reuse advertensie langs die renbaan met die woorde “Think before you drive”. Hierdie leuse is ook vir ons almal wat maar gewone bestuurders is van toepassing. Wanneer ons egter kyk na die gedrag van ons padgebruikers is dit […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Dink voor jy bestuur aan al die gevare en wat gaan gebeur tydens ‘n botsing!

Toyota Yaris skitter in Toyota-Kaap-Handelaartydren

Dit was ’n naweek wat groot belofte ingehou het en op een tydstip Saterdag het dit na ’n moontlike dubbele oorwinning vir die Castrol-Toyota Yaris-renspan gelyk. Maar aan die einde van die Toyota-Kaap-handelaarstydren, wat Saterdagmiddag in Brackenfell naby Kaapstad ná twee dae en tien sneltrajekte in die omgewing van Durbanville, Malmesbury en Moorreesburg geëindig het, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Yaris skitter in Toyota-Kaap-Handelaartydren

5 Sterre vir Lexus IS in Europese NCAP-botstoetse

Lexus het in sy strewe na die beste veiligheid in sy nuwe IS-sportsedan daarin geslaag om volpunte in die onafhanklike Europese NCAP-botstoetse te verkry, wat bevestig dat dit een van die veiligste motors is wat nog getoets is. Die IS het ’n telling van 91 persent vir die beskerming van volwassenes, 85 persent vir kinderbeskerming, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 5 Sterre vir Lexus IS in Europese NCAP-botstoetse

Bloemfontein verras met stand van bande – Bridgestone

Bande van Bloemfontein se voertuie is naby aan die bopunt van Bridgestone se reeks openbare peilings wat banddruk en toestand betref. Dít blyk uit die jongste bande-peiling, wat op 24 Augustus in die parkeerterrein van die Suidelike Sentrum-Pick n Pay gedoen is. “Hoewel Bloemfontein se bestuurders nie dieselfde rekord-hoogtepunt van dié in die Centurion-peiling vroeër […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bloemfontein verras met stand van bande – Bridgestone