Toyota los voor met Co2 – Uitlaatgasvrystelling in Europa
6
November
- Laagste vlootgemiddelde CO2-uitlaatgasvrystelling van 103,6 g/km in 2012 vir Toyota Motor Europe
- 23% van algehele vloot van Toyota Motor Europe stel minder as 100 g/km se CO2-uitlaatgasse vry
- 11 Toyota- en Lexus-modelle in Europa stel minder as 100 g/km se CO2-uitlaatgasse vry – ses daarvan minder as 90 g/km
- Hibriedverkope in eerste nege maande in Europa oortref dieselfde tydperk in 2012 met 36 652 eenhede (’n 47%-styging)
Toyota Motors in Europa (TME) is as groep steeds los voor op die gebied van uitlaatgasvermindering in Europa, met die laagste gemiddelde CO2-uitlaatgasvrystelling van 103,6 g/km vir sy hele vloot gedurende 2012. Vlootgemiddelde CO2-uitlaatgasvrystelling vir die maatskappy het ingevolge die jaarlikse verslag wat verlede week deur die Europese Kommissie en die Europese Omgewingsagentskap gepubliseer is, met 5,7 g/km teenoor 2011 gedaal, wat ’n vermindering van 5% vir die jaar verteenwoordig. Die huidige stand van sake plaas TME 24,3 g/km se CO2-uitlaatgasse laer as die maatskappy se spesifieke uitlaatgasteiken wat deur die Europese Kommissie vir die 2012-kalenderjaar voorgeskryf word.
Die jongste gradering word as deel van die Europese Komissie se infaseringsprogram vir 65% van die geregistreerde motors vir elke vervaardiger bereken. CO2-uitlaatgasberekenings vir die volgende twee jaar sal ’n stapsgewyse toename in die persentasie motors behels – 75% in 2013 en 80% in 2014 – voordat die 100%-berekening in 2015 van toepassing word.
Die TME se spesifieke CO2-uitlaatgasvystelling het volgens die verslag die afgelope 12 jaar met 29% gedaal en op 121,9 g/km in 100% van sy vloot teenoor ’n gemiddelde daling van 23% deur die hele Europa in sy geheel in dieselfde tydperk te staan gekom.
TME is die duidelike voorloper in die voertuigbedryf met die hoogste persentasie voertuie wat minder as 100 g/km se CO2-uitlaatgasse vrystel, wat op 23% van die maatskappy se vloot te staan kom.
Klante in Europa kanop die oomblik tussen 11 verskillende Toyota-en Lexus-modelle met minder as 100 g/km se CO2-uitlaatgasse kies – waarvan ses minder as 90 g/km vrystel. Dit sluit in: die Toyota iQ (99 g/km), AYGO (99 g/km), Yaris-hibried (79 g/km), Auris (99 g/km), Auris-hibried (84 g/km), Auris-hibried-toermotor-sport (85 g/km), Prius (89 g/km), Prius+ (96 g/km), Prius-inprop-hibried (49 g/km), Lexus CT 200h (87 g/km), en die IS 300h (99 g/km).
Die Europese Omgewingsagentskap sê TME se voorsprong in die vermindering van CO2-uitlaatgasse kan ook deels aan die maatskappy se toenemende beskikbaarheid van hibried-modelle, wat ses Toyota- en ses Lexus-modelle behels, toegeskryf word.
Verkope van Toyota- en Lexus-hibriedmodelle is in die eerste nege maande in Europa reeds 47% hoër as in dieselfde tydperk verlede jaar (78 380 eenhede). TME se hibriedverkope vir die jaar tot nou staan danksy die stewige vertoning van die Yaris- en Auris-hibried reeds op 115 032 eenhede.
Michel Gardel, TME se Visepresident vir Kommunikasie en Eksterne- en Omgewingsake, het dit só gestel: “Ons het nou die keerpunt in Europa bereik. Die sukses van ons hibriedmotorverkope is ’n duidelike bewys dat Europese klante hibriedvoertuie verkies wanneer dit by alternatiewe aandrywing kom.”
Toyotahet aan die einde van September 2013 saamgestelde hibriedverkope van 620 588 sedert die koms van die Prius in die Europese mark in 2000 aangeteken.
Verkope van Toyota- en Lexus-hibriedmodelle vir die jaar tot nou het tot bykans 20% van algehele verkope in die hele Europa gestyg, wat beteken 2013 sal nog ’n groot stap in die rigting van die maatskappy se bydrae tot CO2-uitlaatgasvrye produkte in Europa wees.
Tabel – Vlootgemiddelde CO2-uitlaatgasvrystelling (in g/km) in 2012:
Vervaardiger |
Gemiddelde CO2 (65%) |
Gemiddelde CO2 (100%) |
Aantal registrasies |
Spesifieke teiken |
TOYOTA MOTOR EUROPE NV SA |
103,6 |
121,9 |
515 028 |
127,9 |
RENAULT S.A.S |
105,4 |
120,8 |
800 674 |
126,7 |
AUTOMOBILES PEUGEOT |
107,7 |
121,5 |
773 864 |
130,4 |
AUTOMOBILES CITROËN |
108,7 |
122,6 |
654 993 |
129,7 |
FIAT-GROEP S.P.A |
109,8 |
117,2 |
686 449 |
118,9 |
KIA-MOTORKORPORASIE |
114,5 |
129,5 |
329 474 |
127,2 |
SEAT SA |
114,8 |
127,2 |
252 173 |
127,1 |
FORD-MOTORS GMBH |
116,5 |
128,7 |
917 725 |
127,8 |
HYUNDAI-MOTORMAATSKAPPY |
118,8 |
132,2 |
416 987 |
128,3 |
VOLKSWAGEN AG |
119,3 |
133,0 |
1 535 755 |
131,2 |
ADAM OPEL AG |
119,7 |
133,0 |
814 229 |
133,8 |
SKODA AUTO AS |
120,0 |
132,2 |
460 603 |
126,7 |
VOLVO-MOTORKORPORASIE |
121,9 |
142,1 |
204 539 |
144,7 |
NISSAN INTERNASIONAAL SA |
122,3 |
137,3 |
423 818 |
131,2 |
AUDI AG |
122,4 |
137,8 |
657 068 |
139,5 |
BAYERISCHE MOTOREN WERKE AG |
123,6 |
137,5 |
762 027 |
138,7 |
DAIMLER AG |
123,9 |
142,8 |
631 475 |
139,6 |
GM KOREA-MOTORMAATSKAPPY |
124,3 |
141,1 |
161 153 |
131,4 |
AUTOMOBILE DACIA SA |
125,1 |
136,9 |
232 256 |
126,7 |
MAZDA-MOTORKORPORASIE |
128,8 |
141,8 |
113 565 |
129,5 |