Vrystaat Landbou verwelkom aanstelling van plaasmoorde ondersoekspan in Vrystaat

Vrystaat Landbou (VL) het sy dank teenoor die Hennenman Boereverening, die gemeenskap van Hennenman en omliggende dorpe en die publiek uitgespreek vir hul ondersteuning tydens die protes aksie teen plaasmoorde in Hennenman op Maandag 16 November. Die organisasie is oortuig dat die wyse waarop die protes aksie verloop het, vertroue en steun werf vir die plaasmoorde-veldtog, in aggenome die enorme hoeveelheid steun wat VL vanaf die publiek ontvang. Die verdagtes het verkies om nie om borgtog aansoek te doen nie en bly in aanhouding. VL verwelkom ook die aanstelling van ‘n span kundiges om plaasmoorde en –aanvalle in die Vrystaat te ondersoek.

Tommie Esterhuyse, vise-president van VL, het groot lof vir die boerevereniging en gemeenskap van Hennenman vir die wyse waarop die protes aksie hanteer is. “Daar was geen voorvalle van geweld nie, die terrein is skoon nagelaat en almal het vreedsaam verdaag. Die orde reëlings deur die boerevereniging het vlot verloop en VL is trots op die geleentheid.” het Esterhuyse na afloop van die dag gesê.

‘n Versoekskrif wat deur VL opgestel is en waarin versoek word dat geen borg aan die verdagtes toegestaan word nie, is Maandag aan die staatsaanklaer oorhandig. Danksy die druk deur VL en die landbougemeenskap, het die verdagtes verkies om nie om borg aansoek te doen nie. VL verwelkom die verwikkeling, veral in die lig daarvan dat die beskuldigdes reeds met ander misdade in die omgewing verbind word. Die organisasie verwelkom ook die aanstelling van ‘n span kundiges wat plaasmoorde en –aanvalle in die Vrystaat moet ondersoek.

VL het n petisie geloots waarby die publiek genooi word om te ondersten wat gekant is teen borg aan plaasmoord beskuldigdes. Om VL te ondersteun met die petisie kan ‘n persoon eenvoudig sy naam SMS na 37846/R1 (b’s & v’s geld).

Bennie de Klerk, vise-voorsitter van Hennenman Boerevereniging, het aan VL genoem dat die Hills-moorde weer die kwessie van jou eie veiligheid en paraatheid op die voorgrond geplaas het.

“Ons het besef dat ons weer met ander oë na ons eie veiligheid situasie moet kyk. Daarom is die plaaswag in gesprek met die buurtwag om te kyk hoe ons kan saamwerk om die landelike gebied hier by ons beter te beveilig.” het de Klerk gesê.

Esterhuyse ondersteun die gedagte en is van mening dat dit tyd geword het dat plaaswagte en buurtwagte nou sal saamwerk, veral aangesien dit duidelik is dat misdaad bedrywighede al hoe meer van die stad na die landelike gebiede verskuif.

Free State Agriculture welcomes the appointment of farm murder investigation team

Free State Agriculture (FSA) expressed its gratitude to the Hennenman Farmers’ Association, the community of Hennenman and surrounding towns and the public for their support during the protest action against farm murders in Hennenman on Monday 16 November. The organization is convinced that the manner in which the protest action took place is gaining confidence and support for the farm murders campaign, given the enormous amount of support FSA receives from the public. The suspects chose not to apply for bail and remain in custody. FSA also welcomes the appointment of a team of experts to investigate farm murders and attacks in the Free State.

Tommie Esterhuyse, vice-president of FSA, has high praise for the farmers’ association and community of Hennenman for the way in which the protest action was handled. “There were no incidents of violence, the site was left clean and everyone adjourned peacefully. The order arrangements by the farmers’ association went smoothly and FSA is proud of the event. ” said Esterhuyse after the day.

A petition drawn up by FSA requesting that no bail be granted to the suspects was handed over to the public prosecutor on Monday. Thanks to pressure from FSA and the agricultural community, the suspects chose not to apply for bail. FSA welcomes the development, especially in light of the fact that the accused are already linked to other crimes in the area. The organization also welcomes the appointment of a team of experts to investigate farm murders and attacks in the Free State.

FSA has launched a petition inviting the public to support those who oppose bail to farm murder accused. To support FSA with the petition, a person can simply SMS his name to 37846 / R1 (b & v’s apply).

Bennie de Klerk, safety coordinator in the Hennenman area, mentioned to FSA that the Hills murders once again emphasised the issue of your own safety. “We realized that we had to look at our own safety situation with different eyes. That is why the farm guard is in talks with the neighbourhood watch to see how we can work together to better secure the rural area here. ” said the de Klerk.

Esterhuyse supports the idea and believes that it is time for farm guards and neighbourhood watches to work closely together, especially as it is clear that crime activities are increasingly shifting from the city to the rural areas.

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou verwelkom aanstelling van plaasmoorde ondersoekspan in Vrystaat