Vrystaat Landbou beplan plaasmoord protes in Hennenman

Vrystaat Landbou het vandag ‘n beroep op die organisasie se lede gedoen om die Hills-gesin op Maandag 16 November in Hennenman te ondersteun. Dit is in die lig van die plaasaanval in Hennenman waarin Pieter Hills vermoor en sy seun, Eddie, aanvanklik ernstig gewond en gister oorlede is.

Vrystaat Landbou (VL) beoog om die borgtogaansoek van die vermeende plaasaanvallers by te woon. “Howe moet kennis neem van die publiek se woede en frustrasie met moord in die landelike gebiede. Die hof moet ons in ag neem wanneer borg oorweeg word aan beskuldigdes wat misdade in landelike gebiede pleeg, spesifiek plaasmoorde,” sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL),

Hierdie aankondiging volg ook na die jongste plaasaanval in Odendaalsrus op die Regal-gesin. Hiertydens is Mark Regal noodlottig gewond.

“Ons land het nog ‘n boer, ‘n voedselprodusent, verloor. Die misdaad aanslag op die landbousektor en in ons land duur onophoudelik voort en dit is onaanvaarbaar. Landbouers, maar ook die publiek as ’n geheel, is nie meer bereid om die wetteloosheid toe te laat nie”, het Wilken gesê.

Die reëlings van die protes-aksie sal binnekort bekend gemaak word.

VL sal toesien dat die protes fokus op die veldtog van #StopPlaasmoorde. Alle organisasies en lede van die publiek is welkom om VL te kontak vir meer besonderhede oor die protes aksie en deelname is vrylik, maar met die versoek om te alle tye binne die wet en die protesreëlings op te tree.

Free State Agriculture plans farm murder protest in Hennenman

Free State Agriculture today appealed to the organization’s members to support the Hills family on Monday, 16 November in Hennenman. This is in light of the farm attack in Hennenman in which Pieter Hills was killed and his son, Eddie, was initially seriously injured and passed away yesterday.

Free State Agriculture (FSA) intends to attend the bail application of the alleged farm attackers. “Courts must take note of the public’s anger and frustration with murder in the rural areas. The court must take us into account when considering bail for accused people who commit crimes in rural areas, specifically farm murders”, says Francois Wilken, president of Free State Agriculture (FSA).

This announcement also follows the latest farm attack on the Regal family in Odendaalsrus in which Mark Regal was fatally wounded.

“Our country has lost another farmer, a food producer. The crime onslaught on the agricultural sector and in our country continues unabated and this is unacceptable. Farmers, but also the public as a whole, are no longer prepared to allow the lawlessness.” Wilken said.

The arrangements for the protest action will be announced soon.

FSA will ensure that the protest focuses on the campaign of #StopPlaasmoorde. All organizations and members of the public are welcome to contact

FSA for more details on the protest action and participation is free, but with the request to act within the law and the protest arrangements at all times.

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou beplan plaasmoord protes in Hennenman